Australiese premier siek vir VN-gepreek oor immigrasie

Deel op

In Perth het die Australiese­ premier, Tony Abbott, Woensdag­ gesê hy is siek en sat vir die Verenigde­ Nasies (VN) se gepreek oor onwettige immigrante, het die Daily Mail berig.

Abbott het gesê die Australiese­ beleid om onwettige­ immigrante­ se bote soms terug te sleep na hul land van oorsprong, is “die ordentlikste­, barmhartigste­” oplossing.

Abbott het gereageer op die VN se beroep op onder meer die Europese Unie om hom daartoe te verbind om aansienlik meer vlugtelinge toe te laat as wat tans gebeur, en kanale te skep vir veilige migrasie.

In ‘n ope brief het senior VN-amptenare gesê die EU se voorstelle is grootliks daarop gemik om die toestroming van migrante te keer eerder as om hulle veiligheid en regte ‘n prioriteit te maak.

Die VN sê sterker maatreëls om migrante se regte te beskerm sal meer in ooreenstemming wees met die EU se eie beginsels van menslikheid, eensgesingheid en respek vir menseregte.

Nigel Farage, die leier van die UK Independence Party (UKIP) het Abbott geprys vir sy voorstelle aan Europa se leiers oor hoe om die bote uit Afrika terug te draai.

Farage wou egter nie die aanhouding van immigrante, die aanhouding van kinders, of gedwonge terugdryfmaatreëls onderskryf wat deur Australië toegepas word nie.

“Sommige van die maniere waarop Australië optree oor hierdie dinge,” het hy gesê, “is taaier as wat ons in Brittanje kan aanvaar.”

Farage probeer stemme werf vir die verkiesing oor twee weke met sy party wat teruggesak het in die peilings.

Premier Matteo Renzi van Italië het Abbott se taksering beaam. Renzi het aan wetgewers in Rome gesê Europa en die VN moet saam ingryp, het Bloomberg berig.

Dié uitlatings volg nadat ‘n boot Sondag onderweg­ na die Italiaanse eiland Lampedusa­ omgeslaan het. Na raming het byna 700 mense omgekom.

Libiese wetstoepassers het Dinsdag sowat 70 mense in Tripoli in hegtenis geneem terwyl hulle op ‘n boot gewag het gewag het om hulle na Lampedusa­ in Italië te neem, het ‘n emigrasie-­ampte­naa­r gesê.

Twee bote, een met sowat 250 mense van onder meer Senegal, Ghana en Ethiopië, en die ander met honderde­ Ethiopiërs­ en burgers van Eritrea aan boord, is ook voorgekeer­ nadat hulle reeds uit Libië vertrek het na die EU-Eldorado.

Etlike vaartuie met sowat 600 mense aan boord wat na Italië wou vlug, is die afgelope­ drie dae verhoed om uit Libië te vertrek, het ’n veiligheidsamptenaar­ hier gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.