Sikloon woed aan Australiese ooskus

Deel op

‘n Sikloon saai verwoesting aan die Australiese ooskus, ‘n verskynsel wat volgens weerkundiges die kus elke tien jaar teister.

Miljoene dollar se skade is reeds aan geboue en infrastruktuur­ aangerig en vier mense het omgekom in die storm.

Spoorlyne na die noorde en suide van Sydney is afgesny en talle paaie in van Australië se grootste stede is onbegaanbaar weens verspoelings. Dakke op talle plekke is afgewaai met sikloonsterkte winde van tot 135 km/h.

Bome is ook ontwortel en kraglyne­ beskadig sodat verkeersligte nie werk nie. Pendelaars­ is gestrand weens openbare­ vervoerdienste wat vertraag of gekanselleer is en word aangeraai om spitstye te vermy.

Die Sydney-hawe moes sluit en ‘n plesierboot met meer as 2 500 passasiers­ kon nie aan wal kom nie.

Die weerdiens het gewaarsku dat ‘n tweede storm die kus noord van Sydney kan tref, met stormster­k winde van tot 100 km/h.

Dungog, ‘n dorp sowat 200 km noord van Sydney, is die ergste getref. ‘n Bejaarde vrou en twee mans, wat verdrink het in die vloed, is Dinsdag gevind.

Drie hospitale­ is sonder krag en moet kragopwekkers­ gebruik. Talle skole is ook gesluit.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.