Heli-ongeluk eis twee

Deel op

Die Burgerlugvaart-owerheid en die polisie ondersoek ‘n helikopter-ongeluk waarin twee mense in Bainskloof naby Wellington in die Boland dood is.

‘n Woordvoerder van Working on Fire, Linton Rensburg sê die slagoffers was besig om brande in die Wynland-omgewing te bestry toe die vlieënier ‘n noodlanding moes uitvoer, het RSG berig.

Rensburg sê die slagoffers se name kan nog nie bekendgemaak word nie, omdat hulle naasbestaandes eers in kennis gestel moet word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.