Departement teiken Afrikaanse skole in Pretoria

Deel op

‘n Kennisgewing van die Gautengse Onderwysdepartement oor die verandering van sommige enkelmedium skole na dubbelmedium, sorg vir groot ongelukkigheid onder Afrikaanssprekendes in Pretoria.

Al die skole wat op die departement se kennisgewinglys verskyn, is Afrikaanse skole.

Die departement is klaarblyklik nie bewus daarvan dat die besluit om ‘n skool se taalbeleid te verander die verantwoordelikheid van ‘n skool se beheerliggaam is en nie dié van die departement nie.

Die departement probeer voorgee dat die tekort aan skole en klaskamers in die provinsie opgelos moet word, maar het onlangs swart ouers berispe wat hul kinders in model C skole wil inskryf terwyl lokasieskole oopstaan.

Die skole wat geteiken word, sluit Afrikaans Hoër Meisieskool, Laerskool Pretoria-Oos, Laerskool Anton van Wouw en Hoërskool Menlopark in.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.