Swaziland se hoofregter, Michael Ramodibedi is steeds op vrye voet, het RSG berig.
Dit volg nadat die polisie ‘n finale waarskuwing aan hom uitgereik het om homself oor te gee.
‘n Lasbrief vir Ramodibedi se inhegtenisneming is verlede Vrydag uitgereik. Hy word onder meer van korrupsie beskuldig.
Intussen sê Swaziland se teen-korrupsie kommissie hy gaan borgtog teenstaan vir die voormalige minister van justisie, Sibusiso Shongwe, twee regters Mphendulo Simelane en Jacobus Annandale, en ‘n griffier van die Hooggeregshof, Fikile Nhlabatsi.