DA veroordeel bewaringsgesinde en wetsgehoorsame Afrikaners

Deel op

In ‘n mediaverklaring wat slegs in Engels uitgereik is, het die DA die protes veroordeel wat op Kerkplein gehou is teen die onwettige skendings van standbeelde.

Die party het Steve Hofmeyr, Sunette Bridges en ander Afrikaners se oproep om wetsgehoorsaam te wees en kultuurgoedere te bewaar, veroordeel. Hulle het ‘n bewaringsgesindheid as “racially divisive” beskryf.

Klaarblyklik is die party van mening dat alles in Suid-Afrika maar afgebreek mag word om swart rasse-eenheid te bewaar.

Die DA bestempel ‘n bewaringsgesindheid as in dieselfde kategorie van onaanvaarbare optrede as dié van die EFF met die skending van ‘n kultuurerfenis.

Hulle het die teenwoordigheid van die vierkleur en sing van Die Stem ook veroordeel.

In die DA se mediaverklaring word Afrikaners as ‘n “minderheid van randfigure” afgemaak wat oral “verdeling, haat en vrees saai”.

Hulle verklaar voorts dat die land ons nie nodig het nie.

“The reactionary and racially divisive defence of these aspects of our collective national history makes today’s protest from the far-right no better than the actions of those defacing and destroying monuments and statues across the country,” aldus die DA.

In weerwil van die DA se kwaadwillige uitlatings oor Afrikaners wat soortgelyk is aan die EFF, is ‘n dringende interdik bekom téén die EFF en sy leierskap vir hul voortgesette vandalisme.

In ‘n uitspraak in die Pretoria Hooggeregshof dié week, het regter Eben Jordaan gesê dat dit steeds onwettig is om standbeelde te beskadig.

Jordaan het hofbevel toegestaan wat die EFF-leier Julius Malema, die party se nasionale woordvoerder Mbuyiseni Ndlozi en die adjunk-voorsitter van Tshwane Moafrika Mabongwana verbied om enige van die party se lede en ondersteuners aan te hits om enige nasionale monument of standbeeld in SA te ontsier, beskadig of te verwyder.

Dit sluit spesifiek monumente en standbeelde in wat die Afrikanergeskiedenis en -kultuur verteenwoordig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.