Departement sê lokasie-skole net so goed soos model C

Deel op

‘n Amptenaar van die Departement van Basiese Onderwys, James Ndlebe sê ouers se persepsies dat skole buite hul eie woongebiede gehalte-onderwys aanbied, is jammer.

Hy het gesê daar is selfs mense wat die persepsie gebruik om geld te maak.

Beide model C en lokasie-skole gebruik dieselfde leerplanne wat gevolg moet word.

Ndlebe het in ‘n onderhoud op SA FM se Forum@8 gesê beide model C en lokasie-skole bied gehalte-onderwys.

Hy sê die vervoer kinders van een gebied na ‘n ander is ‘n duur oefening. Dié uitlatings kom te midde van ouers wat hul kinders registreer vir die 2016-akademiese jaar en vir ure lank buite skole uitkamp.

Ndlebe sê een van die uitdagings wat die departement in die gesig staar, is die tekort aan skole, veral in Gauteng. Dit is as gevolg van ekonomiese migrasie en die aantal huise wat gebou word in verskillende gebiede.

Nog ‘n rede is die sluiting van skole in sekere gebiede. Ndlebe sê sommige van die skole word gesluit omdat jong volwassenes na voorstede verhuis.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.