Nazi-verhoor te midde van openlike Nazisme in Europa

Deel op

‘n Sogenaamde oorlewende van Auschwitz, me. Eva Pusztai-Fahidi, is die klaagster in die verhoor van die voormalige Nazi-offisier Oskar Groening, in Lueneburg, Noord-Duitsland.

Die 93-jarige man, wat die bynaam die “Boekhouer van Auschwitz” het, word aangekla as medepligtige tot moord in 300 000 gevalle van gedeporteerde Hongaarse Jode wat na Duitse kampe gestuur is.

Intussen steun die EU, waaronder ook Duitsland, asook die VSA openlik Nazi’s in die Oekraïne dmv ‘n NAVO-veldtog.

Die Nazi-party, Svoboda, geniet die beskerming van die Kiëf-junta wat ontken dat daar ekstremiste in die oorlog teen hul eie bevolking ontplooi is.

Die verklaring van die Oekraïense intelligensiebaas dat geen sulke groepe “geregistreer” is in Kiëf nie, kom net twee weke nadat die leier die ekstremistiese groep, Regse Sektor, Dmitri Jarosj, aangestel is as ‘n adviseur vir die weermaghoof.

Jarosj, ‘n internasionale krimineel, word ook deur Interpol gesoek. Hy het ingestem om duisende Nazi’s te ontplooi wat ondergeskik aan die junta se weermag sal wees om die Russiessprekende minderheid in die ooste van die land wat graag wil afstig, te terroriseer.

‘n Aansienlike teenwoordigheid van Oekraïense Nazi’s is al by verskeie geleenthede uitgewys deur die media. In die begin van Maart het USA Today berig dat van die Azof-vrywilligerbataljon se lede openlik die Nazi-ideologie aanhang. Hulle dra openlik SS-wapens en swastikas.

Daar is die afgelope maand reeds drie joernaliste in die konflikgebied vermoor nadat hulle berigte die lig laat sien het wat Kiëf in ‘n swak lig stel.

Oskar Groening
Oskar Groening

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.