Twee van Zimbabwe geskiet

Deel op

‘n Zimbabwiër en sy vrou is Maandagaand in hul huis in Alexandra, noord van Johannesburg, geskiet. Hulle is na die Charlotte Maxeke-hospitaal gehaas.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, polisiewoordvoerder, het gesê die motief vir die aanval is nog nie bekend nie, maar die aanvallers het die paar geskiet en hulself daarna uit die voete gemaak.

Dit is nie duidelik of die aanval met die nuwe vlaag xenofobiese aanvalle in Johannesburg die afgelope week verbind kan word nie.

Drie gewapendes het aan die deur geklop en op die twee Zimbabwiërs losgebrand. Niks is glo uit die huis gesteel nie.

Die 33-jarige man en sy 22-jarige vriendin is albei in die bolyf gewond.

Xenofobiese geweld kom reeds ‘n hele aantal jare sporadies in Suid-Afrika voor en het die afgelope tyd in Durban en Johannesburg opgevlam.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.