Zuma voer hoëvlaksamesprekings oor oop grense

Deel op

Hoëvlaksamesprekings oor Suid-Afrika se migrasiebeleid sal Woensdag in Pretoria gevoer word weens druk op die land om oop grense te bevorder.

Suid-Afrika verduur kritiek uit veral ander Afrikalande weens xenofobiese geweld nadat ‘n mesaanval op ‘n Mosambiekse burger, Emmanuel Sithole, wêreldkundig geraak het.

President Jacob Zuma sal vandag en môre met sakeleiers, arbeid en gemeenskapsorganisasies vergader.

Dit volg ‘n dag nadat die weermag in Alexandra, noord van Johannesburg ontplooi is om die polisie te ondersteun.

Voortslepende, lae-intensiteit geweld teen buitelanders het drie weke gelede in die Durban-omgewing verhewig en na Gauteng oorgespoel.

Die Suid-Afrikaanse Hoë Kommissaris in Ghana, Lulama Xingawa, sê sy het dreigemente van vier mense van Ghana ontvang dat die Kommissariaat in Accra aangeval gaan word uit vergelding.

Sy het ontken dat Ghanese in die jongste geweld omgekom het en gesê die Suid-Afrikaanse minister van polisie het bevestig dat geen burgers van Ghana in Suid-Afrika geteiken word nie.

‘n Ghanese burger is onlangs in Durban dood gevind, maar volgens die polisie was dit aan misdaad te wyte.

Xingwana sê veiligheid by die gebou is intussen opgeskerp.

Suid-Afrika moes egter sy konsulaat in Lagos in Nigerië sluit weens betogings oor die xenofobiese voorvalle.

Die Suid-Afrikaanse konsul-generaal in Nigerië, Sam Monaisa, sê Nigeriërs gebruik sosiale media om ‘n reeds-gespanne situasie in Suid-Afrika uit verband te ruk.

Hy het Suid-Afrikaners in dié land gewaarsku om besonder waaksaam te wees en nie onnodig die aandag op hulself te vestig nie.

Protesoptredes is gehou by die konsulaat en die Suid-Afrikaanse Hoë Kommissariaat in Abuja. Die konsulaat sal vir twee dae gesluit wees.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.