Demokratiese VS-senator reël visums vir damesimmigrante met groot borste

Deel op

Volgens die webblad Vdare.com het ‘n Amerikaanse senator, Bob Menendez (Demokraties, Nieu-Jersey), sy posisie misbruik om visums aan damesimmigrante met groot borste te verskaf. Die webblad verwys daarna as die “36DD-visumprogram”, ‘n pikante toespeling op die VSA se hele “alfabetsop” van visums wat gebruiklik toegestaan word: B-1 vir sakebesoekers, B-2 vir toeriste, F-1 vir studente, ens.

Juliana Lopes Leite, 'n Brasiliaanse model en aktrise wat ook naak geposeer het
Juliana Lopes Leite, ‘n Brasiliaanse model en aktrise wat ook naak geposeer het

Dit blyk dat Demokratiese mans met “konneksies” vir hulle pragtige nooiens in ander lande uitsoek wat dan blitssnel met Amerikaanse visums “beloon” word, iets wat die koerant die New York Post onlangs oopgevlek het. Onder andere het senator Menendez druk op die Amerikaanse ambassade in Brasilia, die hoofstad van Brasilië, geplaas om ‘n visum vir Juliana Lopes Leite (foto hiernaas) toe te staan.

Juliana Lopes, soos sy ook bekend is, was Salomon Melgen, ‘n vriend van Menendez, se minnares en terwyl sy in die VSA “gestudeer” het, is sy oral op reise saam met hom opgemerk. Die Amerikaanse ambassade in Brasilia het blykbaar binne slegs enkele ure in 2008 ‘n F1-studentevisum aan Lopes Leite uitgereik en sy woon vandag nog in die VSA. Melgen is intussen aangekla van bedrog met die Medicare-gesondheidsorgstelsel.Boonop is Lopes Leite se studies deur ‘n nie-winsgewende stigting gefinansier wat Melgen spesiaal vir dié doel geskep het. Sowel Lopes Leite as ‘n “minnares nr. 2” wat met Menendez self verbind word, is deur dié stigting vir “voorheen benadeeldes” gehelp.Volgens Vdare.com kom daar jaarliks 500 000 studente op F1-visums na die VSA, waarvan die meeste nooit weer na hul lande van oorsprong terugkeer nie. Sommige studeer ook aan “skim-kolleges” wat net op papier bestaan.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.