Oop grense: ‘n Ongeluk wat wag om te gebeur

Deel op

Katie Hopkins, ‘n Britse rubriekskrywer vir die Murdoch-poniekoerant The Sun, is diep in die sop weens ‘n ruwe rubriek oor swart migrante.

Enkele dae voordat ‘n boot van sodanige immigrante in die Middellandse See gesink het en ten minste 700 van hulle verdrink het, het Hopkins presies geskryf wat sy dink oor die spul uit die suide wat hulp in Europa kom bedel.

Die toeval is vreemd want op dieselfde oomblik in Suid-Afrika het plaaslike swartes met mening op buitelanders toegesak in wat Zimbabwiese diplomate ‘n “grys gebied” van sterftes genoem het. Amptelik het sewe mense omgekom, maar Zimbabwiese koerante beweer daar is meer sterfgevalle.

Daar was selfs stemme in die ANC wat na ‘n “derde mag” verwys het, maar die regime het nogtans hul verbintenis tot oop grense, wat aanleiding gegee het tot die tragedie, herbevestig.

Hopkins het die aspirant-bedelaars beskuldig van ‘n “hardnekkige lewenskragtigheid wat met dié van kakkerlakke vergelyk”, en voorgestel dat hulle ter see afgeskrik word deur kanonbote eerder as wat hulle deur reddingswerkers opgepik word.

Verskeie aanlynpetisies met duisende handtekeninge het The Sun intussen gevra om Hopkins af te dank, terwyl die Vereniging van Swart Prokureurs poog om haar vir die aanhitsing van rassehaat te vervolg.

Maar die poniekoerant byt steeds vas en het nog nie geswig voor die geweldige druk om van hulle rubriekskrywer ontslae te raak nie.

Hier is nog ‘n oorspronklike uittreksel uit Hopkins se stuk:

No, I don’t care. Show me pictures of coffins, show me bodies floating in water, play violins and show me skinny people looking sad.

I still don’t care.

Because in the next minute you’ll show me pictures of aggressive young men at Calais, spreading like norovirus on a cruise ship.

Watching them try to clamber on to British lorries and steal their way into the UK, do I feel pity? Only for the British drivers, who get hit with a fine every time one of this plague of feral humans ends up in their truck.

Die dag nadat Hopkins se stuk verskyn het, het Le Figaro, die sentrum-regse Franse koerant wat min of meer tot dieselfde gehoor as die Wall Street Journal in die VSA spreek en nie as “ver-regs” sal kwalifiseer nie, ‘n stuk deur Hervé Juin die lig laat sien.

Die skrywer is bekend vir sy prominente, anti-globalistiese polemiese artikels oor die “ekologie van beskawings”.

Juin se uitstekende argument, in dié stuk asook elders, is dat die ideologie van individuele regte, in samewerking met die meedoënlose opmars van globale kapitalisme, tot die vernietiging van diversiteit van beskawings sal lei.

Volgens skattings wag daar ‘n miljoen voornemende Afrikane om in Europa aan wal te gaan met EU-wette en veral die Lissabonverdrag wat lidlande dwing om humanitêre hulp aan hulle te verleen en menselewens te red.

In Libië, Noord-Afrika, waar NAVO die eens welvarende land met lugaanvalle tot ‘n terreurnes verdoem het, wag daar vandag die meeste onwettige migrante om te vertrek.

Onder die voorwendsel dat hulle asielsoekers is, kan ISIS-elemente tans maklik die vasteland binnedring, ‘n kopseer vir sowel amptenare as politici.

Meer as 1750 migrante het reeds sedert die begin van die jaar in die Middellandse See omgekom. Dit is meer as 30 keer hoër as in dieselfde tydperk van 2014, sê die Internasionale Organisasie vir Migrasie.

Gaan Europa, wat fel gekritiseer word deur veral linkse Amerikaanse, sogenaamde menseregtegroepe, bes gee?

Die VSA, wat as ‘n immigranteland tot stand gekom het, is die dryfveer van die ideologie van multikulti, meng en morele verontwaardiging, asook die destabilisering van Noord-Afrika wat direk vir die stormloop verantwoordelik is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.