Vier van Jan Kempdorp voor

Deel op

Vier leerlinge van ‘n hoërskool in Jan Kempdorp verskyn na verwagting vandag weer in die plaaslike landdroshof vir die beweerde aanranding van ‘n mede-leerling.

Volgens polisiewoordvoerder, Priscilla Naidu, bly die beskuldigdes in die sorg van hul ouers.

Die vier het na bewering tydens ‘n ontgroeningspraktyk ‘n 19-jarige leerling aangerand in sy koshuiskamer by die skool.

Die seuns het reeds voor ‘n tugkomitee van die skoolbeheerliggaam verskyn, maar die bevindinge is nog nie bekendgemaak nie.

Gerugte dat die klagte teen een van die vier teruggetrek is, is deur die Noord-Kaapse onderwysdepartement ontken.

Sydney Stander sê alvorens die tugproses afgehandel is, kan die saak nie teruggetrek word nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.