Fedsas kry nuwe hoof

Deel op

Die gewese registrateur van die Universiteit van die Vrystaat (UV) beskou sy aanstelling as uitvoerende hoof van die beheerliggaam-federasie, Fedsas, se instituut vir skoolbeheer as ‘n voorreg.

Derek Swemmer sê hy gaan die geleentheid gebruik om die nuwe instituut, wat deel is van Fedsas se struktuur, uit te brei sodat lidmaatskole onder meer by opleidingsgeleenthede kan baat.

Volgens hom moet lede van beheerliggame die nodige kennis hê om op soortgelyke strukture te dien.

Swemmer glo weens sy ervaring as registrateur by verskeie tersiêre instellings en lid van universiteitsrade, asook sy leidende rol in ander instellings se beheerstrukture kan hy ‘n waardevolle bydrae lewer om skoolbeheerliggame te versterk.

Swemmer en sy vrou Driekie Hay, gewese akademiese viserektor by die UV, is verlede jaar weg na ‘n skikking met die instelling. Hay is nou verbonde aan die Universiteit van KwaZulu-Natal as dekaan van navorsing.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.