Sasol verkoop elektrisiteit

Deel op

Die petrochemiese reus Sasol het ‘n kragkoopkontrak met Eskom aangegaan om elektrisiteit aan die kragnetwerk te verskaf, het Business Day Dinsdag berig.

Volgens die berig sal Sasol 440 MW van sy oortollige elektrisiteit tot die kragnetwerk bydra. Alex Anderson, woordvoerder van Sasol, het volgens die berig gesê die ooreenkoms geld al van die begin van die maand af.

Sasol sal die elektrisiteit van sy Secunda- en Sasolburg-aanlegte verskaf waar 1 100 MW se elektrisiteit opgewek word deur gas wat van Mosambiek af ingevoer word. Eskom sal tot 440 MW hiervan vat namate elektrisiteit benodig word.

Medupi se eerste eenheid sal intussen glo volgende maand ten volle in werking wees en 800 MW tot die kragnetwerk bydra. Volgens Business Day is MTN ook van voorneme om elektrisiteit aan Eskom te verskaf deur middel van sy metaangas- en sonkragaanlegte.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.