Luke Watson is reeds deur Afrikaners veroordeel

Deel op

ImageDit is nou maar ongelukkig soos dinge deesdae werk. Mense neem besluite volgens persepsies van gebeure om hulle.

Deel op

Só gaan dit met verkiesingsprosesse in die VSA, met sportgebeure, met politieke voorkeure, met Jacob Zuma se skuld of onskuld, en nou weer wat Luke Watson sou gesê het.  Of hy wel die gewraakte woorde gebesig het, is nie ter sprake nie.  Die publiek verkies om dit te glo en daar is niks wat Watson daaraan sal kan doen nie.

Direk hierna volg die proses om sy naam volksbesit te maak. Die naam sal voortaan geassosieer word met iemand wat verraad teenoor Afrikanners pleeg. Sy naam mag selfs verbuig word. Vanweë Watson se swakheid om op truie te wil braak, noem ‘n Engelse rubriekskrywer hom nou Puke Watson.

Maar sy groot toets lê nog voor.

Sal Watson die moed hê om ooit weer op enige Suid-Afrikaanse rugbyveld vir ‘n wedstryd op te draf? Ek glo nie. Hy het waarskynlik sy heel laaste wedstryd reeds gespeel, want die plaaslike rugbypubliek is die eenogigste skares ter wêreld.

Eerstens sal die Dutchmen teen wie hy speel waarskynlik sorg dat hy die wedstryd nie voltooi nie, en dan is daar nog al die Piet van Zyls wat spesiaal wedstryde toe sal gaan om nuwe volkshelde te word.

Daarom sal ek nie verbaas wees as hy en pa Cheeky dit sterk sou oorweeg om hierdie aaklige land vol Dutchmen vir ‘n meer gemoedelike plek soos Skotland te verruil nie. Die Skotte is mos sulke klein outjies en die Watsons het sekerlik nou nog familie daar.

справку пндФильчаков прокурор отзывы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.