Graadeentjie dood na hy val by skool

Deel op

‘n Graadeentjie is Maandag by Laerskool Standerton oorlede.

“Die leerling, sowat agt jaar oud, het by die skool geval, opgestaan en weer geval en gesukkel om asem te kry,” het ’n bron gesê.

“Hy is na die dokter se huis toe gejaag waar die dokter hom dood verklaar het.”

“Ons het alles in ons vermoëe gedoen om hom te help,” het me. Ronel Boer van Laerskool Standerton gesê.

Die skool het dadelik ‘n verklaring uitgereik om ouers en gemeenskap in te lig dat Divan Joubert Maandag oorlede is.

Divan het vroeg vanoggend op die skoolterrein gestruikel.

Een van ons gr. 7-leerlinge het Divan opgehelp, maar hy het onmiddellik daarna inmekaargesak.

Daar is dadelik noodhulp toegepas in die vorm van mond-tot-mond asemhaling sowel as hartmassering, maar ongelukkig was dit nie suksesvol nie.

Die polisie sowel as die Departement van Onderwys onmiddellik in kennis gestel.

’n Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van sy dood te bepaal.

Laerskool Standerton se hoof en personeel het hul medelye teenoor Divan se ouers, Leon en Marlene Joubert, sowel as Divan se sussie Zoë uitspreek.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.