Vierde moordverdagte in Sithole-mesaanval vas

Deel op

‘n Vierde swart moordverdagte is in hegtenis geneem in verband met die mesaanval op Emmanuel Sithole, ‘n Mosambiekse burger in Alexandra, noord van Johannesburg.

Die polisie het intussen ontken dat die moord uit vreemdelinghaat gepleeg is.

Volgens Gauteng polisiewoordvoerder, Lungelo Dlamini, is die vierde verdagte deur die nag in hegtenis geneem. Hy sal saam met die drie ander verdagtes vandag in die hof verskyn.

Sithole, ‘n buitelandse straathandelaar, is Saterdag aangeval en met ‘n mes doodgesteek. Hy is later in die hospitaal oorlede. Fotogetuienis van die moord het in ‘n naweekkoerant verskyn.

Dlamini het gesê die voorval kan nie met vreemdelingehaat verbind word nie.

Die minister van Samewerkende Regering, Pravin Gordan en die burgemeester van Johannesburg, Parks Tau het Alexandra Maandag besoek waar Sithole doodgesteek is.

Gordhan sê hy is vol vertroue dat die situasie in die land binne ‘n week na normaal sal terugkeer ná die vlaag xenofobiese aanvalle waarin sewe mense omgekom het.

Hy het sonder ironie gesê baie word op die oomblik gedoen om te verseker dat die land weer ‘n “plek van hoop en vrede vir al die mense in die land en vir die vasteland” sal word.

‘n EFF-lid is gister gewond toe skote vanuit ‘n hostel in Alexandra geskiet is terwyl die party ‘n optog gehou het.

Die leier van die EFF, Julius Malema het tydens sý besoek aan Alexandra gesê geen intimidasie sal hom verhinder om voort te gaan met sy veldtog teen xenofobiese geweld nie.

Malema het die lokasie ook besoek om hulde te bring aan Sithole.

Die ANC-regering is onder druk om aanvalle teen buitelanders te verduidelik nadat die mees onlangse xenofobiese geweld vir skerp kritiek in die buiteland en veral Afrika gesorg het.

‘n Optog teen xenofobie sal Woensdag in Windhoek se middestad gehou word uit eensgesindheid met die slagoffers van xenofobiese geweld in Suid-Afrika.

Die nasionale koördineerder van die Namibiese Musiek-bedryfvakbond, Johannes Shalipo Haludilu sê tydens oorloë het Afrika-lande ‘n veilige heenkome vir uitgewekenes gebied en dat dit nie vergeet moet word nie.

Hy het die mense van Namibië geloof omdat hulle vrede met alle buitelanders nastreef en het aan almal gevra om op te staan teen xenofobiese geweld.

Sowat 200 kunstenaars het reeds bevestig dat hulle aan die protesaksie gaan deelneem.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.