Tien dood in aanval op VN-bussie

Deel op

Minstens tien personeellede van die Verenigde Nasies is in ‘n ontploffing in Garowe in die Puntland-provinsie van Somalië dood.

Die ontploffing het ‘n bus geteiken wat VN-personeel werk toe vervoer.

Volgens berigte het die aanval by die kantore van die VN-voedselagentskap plaasgevind. Die ploftoestel was aan die wit Toyotabussie geheg wat naby die hoofkantoor afgegaan het.

Die slagoffers sluit vyf internasionale asook plaaslike personeellede in. MogadishuNews het bevestig dat daar buitelanders in die groep was.

Al Sjabaab het aanspreeklikheid vir die ontploffing in dié semi-outonome provinsie aanvaar wat tot dusver Islamitiese geweld vrygespring het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.