Afrika wys tande oor aanvalle op buitelanders

Deel op

Die Nigeriese regering het glo ’n ultimatum aan die Suid-Afrikaanse regering gestel om die geweld teen hulle burgers te keer, en gedreig dat Suid-Afrikaanse ondernemings in Nigerië gesluit sal word indien dit aanhou.

Meer as 100 Suid-Afrikaanse maatskappye, waaronder MTN, Standard Bank, Sasol, Shoprite, Multi­Choice en Mr Price, doen sake in Nigerië, volgens die Nigeries-Suid-Afrikaanse Sakekamer.

Nigerië sê ultimatum, wat blykbaar aan die Suid-Afrikaanse ambassade in Nigerië gerig was, kon nie deur MTN bevestig word nie.

MTN se totale omset verlede jaar het vir meer as die helfte op Afrika staatgemaak.

In Nigerië het die maatskappy in 2014 bykans R54 miljard se omset gehad, veel groter as die R39 miljard wat die maatskappy in Suid-Afrika genereer.

Die vier groot banke, naamlik FirstRand, Standard Bank, Barclays en Nedbank is ook op die vasteland gefokus. Standard Bank het die grootste teenwoordigheid in Afrika en byna ‘n derde van sy omset kom van buite die land.

Shoprite is die kontinent se grootste voedselkettingwinkelgroep en selfs in lande soos Angola en Nigerië wat afhanklik is van ‘n goeie olieprys, kon die kleinhandelaar ‘n styging van 15% in sy winste behaal.

Suid-Afrikaanse maatskappye bekommer dat die xenofobiese geweld hul beeld skade kan berokken.

Sasol het 340 Suid-Afrikaanse werkers inderhaas onttrek by gasaanleg in Temane, Noord-Mosambiek, nadat Mosambiekers oor hulle teenwoordigheid gekla het, het ‘n S­asol-woordvoerder gesê.

In 2014 het 30% van ons land se totale uitvoere na die res van Afrika gegaan, soveel as na Asië, terwyl net 13% van die totale invoer uit Afrika kom.

Afrika bied ‘n mark wat vervaardigde produkte insluit en nie net grondstowwe nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.