Die vlakvarke snork al weer oor die Belhar-belydenis

Ek probeer so min as moontlik Netwerk24 lees, ten eerste omdat dit so ‘n lelike webblad is en ten tweede vanweë die twak wat Mad Max en kie. daarin skryf. Toevallig sien ek vandag ene Jean Oosthuizen – hy verkeer onder die indruk dat hy baie beroemd en bemind is, miskien het u al van hom gehoor – se artikel oor die NGK ook daarop raak, wat vir my ewe swak en polities korrek as die res aandoen.

roodt_dan_wikiDie argumente wat mense aanbied oor waarom die drie Afrikaanse susterskerke hul huidige drie belydenisse moet aanvul met ‘n ding wat ‘n radikale, neomarxistiese teoloog van die Universiteit van Weskaapland uitgedink het, het nog nooit vir my sin gemaak het nie. Daarom het ek op Facebook gepoog om met broer Oosthuizen, soos dit gestel word, “in gesprek te tree”. Sommer vroeg in hierdie “hoëvlakdebat” haak Oosthuizen uit en beskuldig my daarvan dat ek “stapelgek” is.  Let dus daarop, liewe lidmaat van die NG Kerk of Hervormde of Gereformeerde Kerk, as u die neomarxistiese of bevrydingsteologie van die Belhar-belydenis verwerp, is u “stapelgek”.

In weerwil van ‘n verbete media-aanslag waarin die Belhar-prul – kom ons noem dit liewer só pleks van ‘n “belydenis” – as ‘n “versoenende” dokument opgehemel word, het ‘n groot aantal Afrikaanse gemeentes in die NG Kerk dit verwerp of nie met tweederde-meerderhede daarvoor gestem nie, sodat dit lyk asof dit glad nie deur die NGK aanvaar gaan word nie.

Die feit dat die lidmate en sinodes in ‘n mate die Belhar-belydenis verwerp, spreek van ‘n verbasende graad van rasionaliteit by gewone Afrikaners wat ons jare laas gesien het. My eerlike mening is dat Belhar ‘n stuk “teologie van die revolusie” is wat uiteindelik ten doel het om al die bates van die NG-gemeentes te laat nasionaliseer en deur mense van die Boesak-tipe te laat oorneem, wat dit vir eie gebruik sal uitmors of teen ons sal aanwend.

Jean Oosthuizen het nogal ‘n humorsin, want hy vergelyk FW de Klerk met Martin Luther. Ek dink nie De Klerk het, wat leesstof betref, verder as Die Huisgenoot en Die Bybel gevorder nie, as hy nog boonop Die Bybel gelees het, en dan beslis nie in Hebreeus of Grieks nie! Luther was ‘n genie vergeleke met ‘n stommerik soos FW. Dan laat hy dié juweel wat lyk asof Mad Max of iemand dit self geskryf het:

“Op 2 Februarie 1990 was dit FW de Klerk wat die waagmoed aan die dag gelê het om die weg te baan vir ’n nuwe Suid-Afrika en die land van ’n gewisse bloedbad te red.”

Oorlog van die byl? Só lyk dit vandag in ons strate...
Oorlog van die byl? Só lyk dit vandag in ons strate…

Waagmoed? Is iemand wat nie nee kan sê nie ‘n waaghals? En van watter bloedbad praat hy? Daar kon nie ‘n bloedbad in 1990 wees nie, want ons het ‘n doeltreffende weermag en polisiediens gehad wat lewens en eiendom sover moontlik teen ‘n Sweeds-befondste terreurveldtog uit Oos-Berlyn en Moskou beskerm het.

Maar vandag beleef ons die ware bloedbad: die resultaat van die sot De Klerk en sy Britse hanteerder, Robin Renwick, se “pax britannica”. Gaan kyk na die foto’s van wat in ons strate gebeur: bylmoordenaars of messtekers bestorm onskuldige buitelanders wat maar net in iemand se tuin of restaurant wou werk. Ons Afrikaners word insgelyks in plaasmoorde en stedelike aanvalle uitgemoor in wat vele reeds die “tweede volksmoord” noem. Miljarde word by die staat en Eskom gesteel, sodat ons by tye nie meer elektrisiteit of water het nie.

Ek is iewers nog ‘n lidmaat van die NG Kerk en het my kinders ook in daardie kerk gedoop, dus het ek seker ook reg op ‘n stuiwer in die armbeurs. Wat móét gebeur is dat ons van die hele verraderlike Afrikanerelite met sy oorgawementaliteit moet ontslae raak, in die kerk, in die skool, op universiteit, in die politiek, in die letterkunde en waar ons ook al kan.

As die lidmate in opstand kom teen die gebreinspoelde, kwasi-marxistiese dominees en teoloë wat veg vir hul posisies aan die fakulteite of in die bestuur van die kerk, dan is dit ‘n goeie ding.

Gays… Ek het niks teen gays nie en “van my beste vriende is”, ens. Maar waarom daar selfdegeslaghuwelike moet wees, verstaan ek nie, want mense van dieselfde geslag kan nie kinders maak nie, hoewel lesbiese vroue hulself seker kunsmatig kan laat bevrug. Die huwelik is ‘n tradisionele instelling vir tradisionele, heteroseksuele pare. Punt. Selfs die twee homoseksuele Italiaanse ontwerpers Dolce en Gabbana het so gesê. Hiervan kan “progressiewes” seker verskil, maar waarom dit ‘n debatspunt in die kerk moet word, weet nugter.

Ons is siek en sat vir die “Gaystapo”, politieke korrektheid en die geweld wat ons land teister. Die kerk behoort die waardes waarop hy gebou is, te herbevestig, want ‘n klomp dekadente, verlore siele in dié land het dit nodig. Ons is te dom en te gedekultureer om soos die Franse ‘n sekulêre, intellektuele etiek te ontwikkel. Daarbenewens is daar ‘n heropkoms van primitiewe bygeloof en sadisme wat slegs met geloof bestry kan word.

Ten minste van die 19de eeu en die Boererepublieke af, maar selfs daarvoor, was daar godsdiensvryheid in ons land. Van ons voorouers het dan juis uit Europa gevlug weens die godsdiensoorloë en geloofsvervolging. Wat ons tans in die gesig staar, is juis die einde van godsdiensvryheid, want die polities korrekte tipes wil aan almal voorskryf en vervolg mense vanweë hul menings. Daardie selfde Piet Croucamp wat God as “breindood” beskryf, het ‘n filosofiedosent aan Tukkies uit die land verdryf, eenvoudig omdat sy dit durf waag het om haar teen die hoë voorkoms van verkragting in die land en die stilte van wit feministe daaroor, uit te spreek! Hierdie Belhar-belydenis is die Trojaanse perd wat ‘n slaafse onderwerping aan sosialistiese en kommunistiese dogma in die kerk moet verseker. As jy nie hulle ekstremistiese gelykheidsideaal in die naam waarvan Stalin, Mao en Pol Pot tienmiljoene mense laat uitmoor het, onderskryf nie, sal jy geëkskommunikeer, verwerp, verstoot en moontlik selfs vervolg word, soos daardie Tukkielektrise dit reeds ervaar het. Dus sal die Bybel en geloof ondergeskik aan die gelykheidsdogma gemaak word, en wee enigeen wat dit bevraagteken. As mense enige verstand het, sal hulle dit nóú verwerp voordat dit verder in ons kele afgedruk word en as instrument téén godsdiensvryheid en meningsvryheid gebruik word.
Suid-Afrika het die NG Kerk nodig. Maar eers moet die kerk van die manteldraaiers, verraaiers en Belhar-aanhangers gesuiwer word. Laat hulle by die Kommunisteparty, wat hul ware tuiste is, vir posisies gaan aanklop.

Ons kan baie lesse by die Russe leer, hoe hulle ná 70 jaar van kommunisme weer die Ortodokse geloof en gesinswaardes herontdek het. Ná 20 jaar van kommunisme en dekadensie, staan ons voor dieselfde uitdaging.

Die Naarperspropagandiste kan nie debatteer  nie en stel ook nie belang om enige ander mening behalwe die gefabriseerde konsensus wat hulle self onderhou, aan te hoor nie. Vandaar dus hul konstante neiging tot laster, beledigings en honende beskuldigings

Eintlik maak Jean Oosthuizen ‘n groot fout om my uit te daag om régtig my mond uit te spoel oor die erbarmlik onnosele Kaapse pseudo-intellektuele wat minder as ‘n Franse vlugkelner van denke of politiek verstaan. (Eenmaal het ek en my vrou op ‘n vlug van Parys na Washington op ‘n halfleë vlug van Air France ‘n baie aangename paar uur in die geselskap van so ‘n vlugkelner deurgebring wat beleefd, belese en uiters beredeneerd in sy menings was, so anders as jy met jou dogmatiese swartsmeerdery en gepoogde snobisme wat niks anders as ‘n heksejag is nie.) Dis al waartoe die Naarperspropagandiste in staat is: Middeleeuse heksejagte jeens diegene wat nie hul konformistiese onderdanigheid aan die PK dogma deel nie.

Dan wat hul styl betref: Hulle is anglomaans, sonder dat hulle behoorlik Engels ken of iets van Engeland weet of verstaan. Hulle Afrikaans is deurspek van clichés en selfs growwe taalfoute wat spreek van ‘n gebrek aan aanvoeling vir wat hul moedertaal behoort te wees. Aan die ander kant: waarom aanhou Afrikaans praat en skryf as hulle ons tradisie, geskiedenis, letterkunde, filosofie, teologie en politiek heeltemal verwerp? Wat die res betref: Hulle vreet soos varke aan ‘n trog in die Spur en ander kwasi-Amerikaanse plekke wat net vir kannibale geskik is, hulle dra skoene wat so lelik is dat dit nie eens in die ou Sowjetunie geduld sou word nie, hulle luister na die mees afskuwelike musiek, lees totale gemors soos Amerikaanse blitsverkopers of Deon Meyer, en dan wil hulle ons snobeer!

Kan u sien, liewe leser, hoe uiters lagwekkend dit is? Hulle is regtig ‘n klomp dom, oningeligte ghwarre wat die klok hoor lui het, maar nie weet waar die bel hang nie. Ek gun Jean Oosthuizen sy dogma en kleindorpse vooroordele, die wêreld vanuit Somerset-Wes sonder ‘n taal, want hy is nóg Engels nóg Afrikaans behoorlik magtig. As hulle nie so vervelig was nie, sou mens ‘n satire daaroor kon skryf.

Tydens die Facebook-onderonsie met Oosthuizen, beskuldig hy my daarvan dat ek “smag na aandag”. Eintlik vereer ek die man deur my poging om met hom in debat te tree, want hy is ‘n nul op ‘n kontrak. Ek het lankal belowe om ‘n politieke onderhoud met een van die grootste lewende Franse filosowe vir ons webblad te voer en pleks van my met iemand te bemoei wie se kennis en insig Oosthuizen s’n eksponensieel oortref, skryf ek hier omdat ek glo dat elke mens nog iewers oor ‘n tikkie reptielbrein of selfbehoud of wat ook al beskik, selfs al is sy hele bewuste brein al deur propaganda en kondisionering in besit geneem. Hy is so in die duister dat hy eers gaan agterkom daar is iets fout as hy of sy dogter ‘n klip deur hul motorruit kry soos ‘n week gelede met die dogter van ‘n ou skoolvriendin gebeur het.

Een van Jean Oosthuizen se vriende praat van ‘n “modderdebat”. Ek was werklik nuuskierig om te verneem wat die argument rondom die Belhar-belydenis is, as dit dan nie ‘n vergeetlike stukkie marxistiese gelykheidsdenke is nie, maar pleks daarvan vaar broer Jean teen my uit en beweer dat ek sertifiseerbaar kranksinnig is. Die probleem is: die Naarpersvark is ook ‘n vlakvark, want hulle dink baie vlak en as hulle ‘n ander dier teëkom wat nie met sy neus in die grond snork nie, dan dink hulle hy is dalk mal… As u my jongste Engelse essay’tjie lees, sal u daarin ‘n paar aanhalings vanuit Orwell vind. Hy het mos ook in sy boek “Animal Farm” oor die bobaasvarke op die plaas geskryf waar almal so “gelyk” is. Maar “sommige diere is gelyker as ander”, veral die varke. Nou verstaan ek sommer waarom die vlakvarke hier by ons so na “gelykheid” streef en via hul Belhar-snork dit ook in die kerk wil indra en afdwing, so op die trant van oorle Oom Joe, en dis nou nie Joe Stalin nie, hy ook, maar veral Oom Joe Slovo, waarvan ek die pragtige lewensverhaal gelees en hier geresenseer het.

Kopieer onderstaande paar paragrawe en plak dit oral op Facebook of stuur dit per epos aan u al u vriende en kollegas:

STAAN OP TEEN DIE BELHAR-PRUL!

Die Belhar-belydenis is ‘n stuk “teologie van die revolusie”, ‘n radikale gedagterigting wat in Suid-Amerika ontstaan het en ‘n poging was om Karl Marx se Das Kapital met Die Bybel te versoen. Sentraal daarin staan die gedagte dat Christus ‘n soort “bevryder van die armes” was en dus een van die eerste marxistiese revolusionêre. Nog ‘n gedagte wat in die Belhar-prul – ek noem dit geen belydenis nie, want dis ‘n onbeskaamd politieke dokument – beliggaam is, is dié van “gelykheid”. Ons weet dat 100 mijoen mense tydens die twintigste eeu in die naam van gelykheid vermoor is, in kommunistiese lande.

Op Netwerk24 raak Agent Koos Roos, of wie hy ook al is, die volgende twak kwyt:

“Die NGK het vir dekades een van die brutaalste, immorele ideologiese stelsels en mensevergrype in moderne tye verkondig, verdedig. uitgebou en gekondoneer”

Duidelik praat hy vanuit ‘n marxistiese of kommunistiese perspektief. Volgens Biskop Tutu se WVK is daar slegs 600 mense deur die veiligheidsmagte gedood tydens 40 jaar van apartheid, SOVEEL AS WAT TANS ELKE PAAR DAE VERMOOR WORD, en daarom moet die NG Kerk nou hierdie marxistiese “belydenis” aanneem. Is dit nie absurd nie? Wat het geloof in elk geval met politiek te make, behalwe vir kommuniste VIR WIE ALLES POLITIEK IS?

Feit is dat daar tydens die 1980’s ‘n geweldige aanslag teen Suid-Afrika vanuit sowel Moskou as Oos-Berlyn gevoer is en die leier van die Kommunisteparty, Joe Slovo, was die meesterbrein wat terreur in die vorm van die Kerkstraatbom, bomme in Wimpy’s, asook halssnoermoorde aangevoer het.

Die oogmerk van die Belhar-belydenis is om uiteindelik die NG Kerk se bates, wat aan die gemeentes behoort, van hulle te vervreem en aan korrupte politici en politieke predikante soos Allan Aubrey Boesak te oorhandig, wat dit gaan plunder net soos Eskom, die munisipaliteite en ander instellings geplunder is. Ons het mos nou al 20 jaar se ervaring van “vryheid” en die metodes waarmee hierdie ANC- en SAKP-politici hul sakke vul.

Daarom doen ek ‘n beroep op alle NGK-lidmate, of u nou gereeld kerk toe gaan of nie: Verwerp die Belhar-prul! Staan op teen Belhar!

Tot dusver het ons alles gesluk: diskriminasie teen Afrikaans, regstellende aksie, geweld, misdaad, moord, verkragting. Maar kom ons trek die streep hier en sê “nee” vir die Belhar-prul. Al is dit net om ons selfrespek te herwin. Is ons sulke lafaards dat ons nie die laaste stukkie geestelike en gemeenskapserfenis waaroor die Afrikaner beskik, sy kerk, kan verdedig nie? Ons voorouers het gesterf vir hul geloof of halfpad om die aardbol gereis om vry te kan aanbid. Laat ons voor God buig maar nie voor die wêreldlike teoloë en vals politieke geestelikes wat ons weereens in ‘n lokval wil lei, net om ons uiteindelik kaal uit te trek en vanuit kerke wat ons voorouers betaal en gebou het, te verstoot nie.


Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.