Gedenkdiens vir Germanwings-slagoffers in Köln

Deel op

‘n Gedenkdiens vir die slagoffers van verlede maand se Germanwings-vliegtuigongeluk in die Alpe, sal vandag by Köln-katedraal gehou word.

Daar word sowat 1 500 mense by die diens verwag, insluitende families van die slagoffers, sowel as die Duitse Kanselier, Angela Merkel.

Die Ministers van Vervoer van Frankryk en Spanje, sowel as Lufthansa-hoof, Carsten Spohr, sal ook na verwagting die diens bywoon.

Medevlieënier Andreas Lubitz het na bewering die Germanwings Airbus op 24 Maart doelbewus laat verongeluk en die dood van 150 mense veroorsaak omdat hy glo “depressief” was.

Die deur van die kajuit het gesluit nadat die vlieënier ‘n draai gaan loop het en nie kon terugkeer nie.

Inhoud van die tweede swart vlugopnemer wat meer lig op die saak sou kon werp, het glo “weggeraak” volgens ‘n verklaring deur die Franse president Francois Hollande.

‘n Kers vir elk van die slagoffers sal aangesteek word en vlae regoor Duitsland sal halfmas hang.

Vriende van Lubitz, veral mense van sy tuisdorp Montabaur wat hom persoonlik geken het, sê intussen hy word doelbewus as ‘n moordenaar voorgehou, maar dit is ‘n valse voorstelling.

Groot bevolkingstudies dui daarop dat Lubitz se geestelike ongesteldheid nie die waarskynlikheid van geweld teen ander verhoog nie,” sê die psigiater Michael Peterson, ‘n assistent-professor in die departement van psigiatrie aan die Universiteit van Wisconsin se Skool vir Geneeskunde en Openbare Gesondheid in Madison, VSA.

Dit verhoog eerder die waarskynlikheid dat die pasiënt homself sal kwaad aandoen.

Lubitz se ondersteuners het ‘n Facebook-bladsy geskep met die titel (in Duits): “Andreas Lubitz A320, ons is teen die heksejag” om hul teorieë te deel oor die oorsake van die ramp in die Franse Alpe.

Verskeie kommentare op die bladsy het gesê ondersoekbeamptes se stellings dat Lubitz, 27, doelbewus die vliegtuig verongeluk het, is deel van ‘n sameswering deur Lufthansa om sekere meganiese probleme weg te steek.

Sommige van die Facebook-bladsy se honderde volgelinge het voorgestel dat daar ook deur Lufthansa met die eerste vlugopnemer gepeuter is.

Kommentators het voorts daarop gewys dat ‘n tweede vlugopnemer gevind is maar sonder inhoud, ‘n duidelike bewys van ‘n toesmeerdery.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.