SAL ontken dat hulle aan China verkoop word

Deel op

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens het ontken dat hy in gesprek is om aan ‘n ander lugredery te verkoop te word of gedeeltelik verkoop te word, het Reuters berig.

Dié verklaring kom nadat Bloomberg bronne na aan die saak aangehaal het wat beweer dat China SAL gaan oorkoop.

Ondanks berigte oor samesprekings met die Chinese-lugredery Air China en Hainan Airlines om ‘n hoofkantoor in Wes-Afrika tot stand te bring, wou SAL nie kommentaar lewer op wat hulle as “private gesprekke” bestempel het nie.

Hainan is die vierde grootste Chinese diens en het op 25 Maart 30 Boeing 787 vliegtuie ter waarde van $7.7 miljard bestel van die Amerikaanse vervaardiger.

Die Suid-Afrikaanse maatskappy wat onwinsgewend is en van staatskredietwaarborge afhanklik is, het verlede jaar gesê hulle sal ‘n vennoot soek in hulle herstelplan.

Ethiopian Airlines Enterprise en Kenya Airways toon glo groei in Afrika, terwyl China se toegang tot die kontinent sal verbeter indien hulle met SAL saamwerk.

Nico Bezuidenhout, waarnemende hoof uitvoerende beampte, het gesê die afskaffing van swakker langafstand-roetes was deel van ‘n 90-dag reddingsplan wat geëindig op 24 Maart. Die besluit om die Beijing-roete af te skaf, sal R400 miljoen per jaar spaar.

Die dieper Chinese vennootskap kan ook samewerking op tegnologiese gebied sluit, het een van die bronne gesê.

‘n Woordvoerder van die SAL het aan die nuusagentskap Reuters gesê die samesprekings met Air China sal daartoe lei dat hulle met ‘n diens tussen Beijing en Johannesburg begin waar die Chinese gebruikmaak van SAL se vlugkodes.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.