Honderde pasiënte ly onder staking

Deel op

Honderde pasiënte met spesiale behoeftes is aan hulle eie genade oorgelaat nadat verpleegsters by ‘n hospitaal op Tzaneen in Limpopo begin staak het, het RSG berig.

Die provinsie se Departement van Maatskaplike Ontwikkeling, sê hy sal met die diensverskaffer in verbinding tree wat die Shiluvanahospitaal bestuur.

Werkers en verpleegsters staak onwettig oor wat hulle sê swak werksomstandighede is.

Die hospitaal huisves sowat 200 pasiënte. ‘n Woordvoerder van die Departement, Adel van der Linde, sê dit is baie belangrik om te verseker dat dienste steeds gelewer word, en hulle sal daaroor met die werkgewer in gesprek tree.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.