Zuma glo deur NGV gejag na hy Mbeki se aanbod weier

Deel op

President Jacob Zuma sê die vorige president, Thabo Mbeki het hom probeer omkoop en afdreig.

Zuma sê hy is geld deur die destydse president Thabo Mbeki aangebied om te bedank. Mbeki het glo gedreig dat Zuma van korrupsie aangekla sal word indien hy nie instem tot die “politieke ooreenkoms” nie.

Volgens die terme van die ooreenkom sou Zuma as hy bedank het, nie vervolg word nie en hy sou R20 miljoen ontvang.

Zuma het, deur middel van sy prokureur Michael Hulley verklaar, dat hy Mbeki se versoek dat hy bedank, geweier het en voer aan dat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se daaropvolgende optrede teen hom gemik was om hom ‘n les te leer.

Hulley het gesê Zuma dring steeds daarop aan dat hy onskuldig is.

Hy beweer ook dat die klagtes van verkragting “al die kenmerke van ‘n kunsmatige poging toon wat meedoënloos gedryf word deur die NVG.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.