Massa vermy omstredenheid

Deel op

Image

Filipe Massa

16:42:52 Die Ferrari-bestuurder, Felipe Massa, het vandag probeer om omstredenheid te vermy terwyl hy voorberei op 'n taai stryd teen Lewis Hamilton in die komende naweek se Sjinese Grand Prix.

Deel op
Die stryd tussen Hamilton, wat 5 punte voor Massa op die bestuurdersranglys is, het erg opgevlam toe die Engelsman die Brasiliaan daarvan beskuldig het dat dié hom opsetlik gestamp het tydens die Japannese Grand Prix. 

Volgens heelwat mense het Massa die Brit met opset gestamp gedurende die tweede rondte van die wedren, met die doel om die McLaren te beskadig en Hamilton se kanse op 'n oorwinning te kelder. 

Massa, wat met straftyd geboet het vir die deurryoortreding in die kuipe, het dit ontken en het bygevoeg dat hy tevrede was met sy sewende plek in die wedren. Hy het wel bygevoeg dat dit 'n interessante wedren was. 

Volgens Massa is die span heeltemal gelukkig met die feit dat hulle punte gewen het, in teenstelling met die McLaren-span. Ferrari het 'n beter rekord in Shangai as McLaren en Massa weet dat hy sal moet uithaal en wys om Hamilton te klop. Verlede jaar het hy (Massa) derde geëindig in 'n wedren wat in reënweer begin het. 

Volgens Massa het hy 'n goeie wedren gehad en hoop hy om die jaar beter te doen. Hy voel dat die baan goed is, en hoop dat die Ferrari-span vanjaar 'n eerste- en tweedeplek op die podium kan vat.

Ten spyte van die stryd wat in Japan opgevlam het, het Massa gesê dat hy steeds op goeie voet met Hamilton verkeer en dat hy dit nie wil bederf nie.

палатка купитьФильчаков прокуратура харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.