Gigaba loof buitelanders se bydrae tot SA

Deel op

Buitelandse burgers moet nie aangeval word nie, omdat die meeste ‘n positiewe bydrae tot die land lewer, het die minister van Binnelandse Sake Malusi Gigaba Donderdag in die Parlement gesê

“Om mee te begin wil ons graag uitdruklik verklaar dat die meeste buitelandse burgers ‘n baie positiewe bydrae tot die samelewing maak,” het hy gesê.

Hy het xenofobiese aanvalle in Durban en ander dele van die land veroordeel tesame met president Jacob Zuma en al die opposisie partye.

Gigaba het gesê baie buitelanders in hospitale en skole sorg vir Suid-Afrikaners.

Hulle het ook die nasionale fiskus vergoot, alhoewel hulle hul geld uit Suid-Afrika stuur na hul eie lande.

Die Durbanse middestad was Donderdag ‘n chaotiese toneel van skokgranate, rubberkoeëls, traangas, en ‘n groot polisieteenwoordigheid toe ‘n vredesoptog wat gehou is om xenofobiese aanvalle te beëindig, in verdere geweld en plundery ontaard het.

‘n Burger van Burundi Moses Sefumama, moes gered word van ‘n skare deur die metropolisie in Durban, het News24 berig. Inwoners kla dat buitelanders dwelms aan kinders smous.

Die polisie moes mensekettings in die strate vorm met hul bevelvoerder wat skree “hou die lyn, hou die lyn” terwyl tierende swart skares probeer deurbreek.

Pres. Zuma het in sy toespraak in die parlement gesê die land sal ferm bly staan teen “rassisme, xenofobie, homofobie en seksisme.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.