Swart ster wat Woolworths kritiseer se Britse konsert ontwrig

Deel op

Swart musieksterre, Cassper Nyovest, Brickz en Kelly Khumalo moes vertonings in Brittanje kanselleer na dreigemente om hulle konserte te ontwrig.

‘n Woordvoerder van Elite Promotions, Ezra Sibanda, sê hulle het die konserte gekanselleer omdat die Britse polisie toestemming geweier het. Diegene met kaartjies vir konserte gekoop het, sal glo hulle geld terugkry.

Nyovest het Woolworths onlangs gekritiseer omdat hulle buitelandse musieksterre betaal om hul promosies te doen. Hy het gesê Suid-Afrikaanse bedrywe moet in die land belê.

Die ontwrigting is georganiseer oënskynlik teen die xenofobiese aanvalle in Suid-Afrika, alhoewel die kunstenaars daarteen gekant is.

Opgesweepte swartes in Brittanje het glo gedreig om die konserte te boikot en ander konsertgangers te verhinder om dit by te woon, het die polisie gesê.

Khumalo sou in Manchester en Coventery optree, maar burgers van verskeie Afrikalande in Brittanje glo het gedreig om ‘n stokkie daarvoor te steek.

Buitelandse swartes in die VK beplan nou om aanstaande week na die Suid-Afrikaanse ambassade in Londen op te ruk en te eis dat die Suid-Afrikaanse regering ‘n einde maak aan die geweld.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.