MK dreig Vavi met dood

Deel op

‘n Lid van Umkhonto we Sizwe Militêre veterane in Limpopo dreig om die geskorste Cosatu-sekretaris generaal Zwelinzima Vavi te vermoor, het Nuus24 berig.

Ondervoorsitter van die veterane-organisasie, Jack Lulamile, het aan vakbondverteenwoordigers gesê hulle moet vir Vavi sê Lulamile Jack, Chris Hani se voormalige lyfwag, gaan hom vermoor omdat hy Cosatu verraai het.

Lulamile en ander leiers het gister tydens die vergadering gesê Vavi is ‘n las vir die vakverbond.

Hulle sê Vavi het begin glo dat hy groter as die federasie is. Lulamile het aanbeveel dat Cosatu president Sdumo Dlamini van Vavi ontslae raak.

Hy ontken egter dat hy die uitvoerende bestuur se besluit beinvloed het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.