Geweld breek weer by Medupi uit

Deel op

Geweld het uitgebreek tussen die polisie en stakende konstruksiewerkers van die Medupi-kragaanleg op Ellisras (Lephalale) in Limpopo, het RSG berig.

Pantservoertuie en waterkanonne is ook ingebring. Dit volg nadat polisie en werkers slaags geraak het by hostelle in die Marapong-township waar strate opnuut versper is en busse verhoed word om werkers op te laai.

Motors in die gebied is met klippe bestook en die ingang na die township is met brandende bande versper.

Sommige werkers kon egter daarin slaag om by die werk uit te kom. Die stakers het gister Eskom se aanbod om vandag vir werk aan te meld, verwerp.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.