Verkeershoof se bende voor

Deel op

Sewe lede van ‘n sindikaat – wat die verkeershoof en drie verkeersbeamptes van De Aar insluit – is vandag op borgtog vrygelaat.

Die verdagtes – Desmond Mjandana, Stoffel Khabaliso, Janie Johannes, Puleng Mokhethi, Mandisa Mqwebedu, Simon Vywers en Xolile Stonga staan tereg op klagtes van bedrog, korrupsie, sameswering om ‘n misdaad te pleeg, oortreding van die Padverskeerswet en die uitreiking van valse bestuurslisensies.

Polisiewoordvoerder, Brigadier Mochologi-Maleeme, sê die sindikaat het na bewering onwettige bestuurslisensies en padwaardigheidsertifikate vir vermoedelik gesteelde voertuie aan die publiek verkoop.

Daar is ook op die verdgates se voertuie beslag gelê.

Dit is die tweede keer dat die verkeershoof in verband met soortgelyke klagtes in die hof verskyn. Hy is ook in 2008 aangekla, maar is onskuldig bevind.

Die verkeersbeamptes is op R2500 en die res op R1000 borgtog vrygelaat. Die saak is tot 4 Augustus uitgestel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.