Kouefront in aantog

Deel op

Suid-Afrikaners moet hulself intussen staal vir die eerste kouefront wat die land vandeesweek kan tref.

Die Vrystaatse weerdiens sê die eerste ryp van die seisoen sal op dorpe soos Zastron, Fouriesburg en Aliwal-Noord voorkom, met ‘n daling in temperature.

Ryp is ook in die Oos-Kaap voorspel. Die weerdiens sê die ysige temperature behoort KwaZulu-Natal teen môre-aand te bereik.

Daar is ook ‘n kans vir sneeu op sommige bergreekse later vandeesweek.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.