Sjimpansees is nie mense nie, maar is hulle tog menslik?

Deel op

Image

‘n Sjimpansee in die Los Angeles-dieretuin

11:21:48 Die sjimpanseebevolking van Wes-Afrika het ernstig gekrimp en word nou as krities bedreigd beskou, wat die gevolg het dat wetenskaplikes nou vir 'n definisie van "menswees" vra wat ook dié evolusionêre familie kan insluit.

Deel op

Sowat 20 jaar terug was die bevolking van sjimpansees in die Ivoorkus sowat 10 000, wat ongeveer die helfte van die wêreldbevolking vir dié primate uitgemaak het. Volgens 'n nuwe opname is daar nou heelwat minder, wat kommer laat styg oor die voortbestaan van die spesie.

Die uitwissing van enige spesie is kommerwekkend, maar die vraag ontstaan of ons nie meer bekommerd moet wees oor die sjimpansees, soos wat mens dalk oor mense kan voel nie.

Deborah Fouts, die hulpdirekteur vir die sjimpansee- en menslikekommunikasieinstituut maak die stelling dat hoewel die diere nie mense is nie, hulle tog menslik is en optree.

Sy is een van 'n groeiende groep wetenskaplikes wat voel dat sjimpansees, tesame met oerang-oetangs, bonobo's en gorillas, wat almal as groot ape bekendstaan, as mense beskou moet word.

Die posisie is nie 'n maklike een nie. Want indien die vereiste vir menswees dan vereis dat die wese menslik is, is die sjimpansees, ons naaste primaatfamilie, steeds net 98 % volledig.

Indien die definisie wyer gemaak word, kan sjimpansees wel dalk kwalifiseer om as menslik beskou te word.

Dié diere het selfbewustheid, gevoelens en hoëvlakwaarnemingsvermoë. Daar word op gereelde basis nuwe waarnemings gemaak van eienskappe wat die navorsers voorheen net aan mense sou toeskryf.

Daar is ook verder vasgestel dat die diere verskeie maniere van komplekse kommunikasie en kognitiewe vermoë wat baie na is aan dié van mense. Jared Taglialatela, 'n navorser, sê dat die diere gevoelens het, en ook idees en doelwitte.

Iets wat wel van meer belang is, is die diere se vermoë om in abstrakte terme te dink.

Pascal Gagneux, 'n primatoloog, sê dat die diere nie oor tyd beskik nie, aangesien hulle nie dink aan gister of môre nie. Volgens Gagneux is die kommunikasie eerder oor nou. Hy voel wel dat sjimpansees persone is, maar baie verskillend van mense, vanweë die groot verskille in kommunikasie.

Fouts, wat haar sjimpansees geleer het om gebaretaal te gebruik, verskil van dié mening. Sy sê dat die diere wel die verlede onthou. Wanneer mense na die sentrum kom wat lanklaas daar was, kommunikeer die diere weer met die mense in hulle gebaretaal.

Taglialatela het bewys dat sjimpansees die dele van die brein benut, soortgelyk aan mense, waar spraak en denke setel. Wanneer hulle kommunikeer, gebruik sjimpansees die beste vorm van kommunikasie vir die omstandighede. Hulle gebruik gebare as 'n ander na hulle kyk, en geluide en roepe as 'n ander wegkyk.

Feit is dat die diere oor 'n wye reeks kommunikasiemetodes beskik, asook gevoelens, emosies en denke.

Oor die situasie in die Ivoorkus, sê Taglailatela dat die regte woord om dit te beskryf seker net 'n "tragedie " is, aangesien geen ander woord dit regtig kan omskryf nie.

play the slotsлобановский харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.