Medupi-stakers terug werk toe met netwerk onder groter druk

Deel op

Die Nasionale Mynwerkersunie, Numsa, sê geskorste werknemers van die Medupi-kragstasie in Ellisras (Lephalale) sal na verwagting môre terugkeer werk toe. Dié aankondiging kom te midde van groot druk op die kragleweringsnetwerk.

NUUT!

Eskom het Woensdagaand fase-drie beurtkrag ingestel, en sê die kragnetwerk is tans kwesbaar.

Nuus24 berig ten minste 1 500 werknemers is uit die kragstasie gesluit nadat hulle ‘n bonus vir die voltooiing van eenheid 6 geëis het.

Numsa-streekswoordvoerder, Mahlodi Modike, sê hulle sal steeds vandag met werknemers vergader om die voorstel van die werkgewer te bespreek. Sommige van die werkers het boodskappe ontvang dat hulle geskors is, terwyl ander bloot uitgesluit is.

Dié aksie het tot die staking aanleiding gegee.

Eskom en Numsa het drie dae lank onderhandel, waarna die geskorste werkers uiteindelik toegelaat is om terug te keer werk toe. Die bonuseis is egter nog nie uitgeklaar nie.

Eskom het intussen aangekondig dat Fase Twee beurtkrag van sesuur vanoggend tot tienuur vanaand hervat sal word.

Die kragvoorsiener sê die netwerk is onder druk weens opwekkingseenhede wat buite werking is. Fase Drie beurtkrag is Woensdag ingestel nadat geskeduleerde onderbrekings sedert Sondag voorkom.

Die Johannesburgse elektrisiteit-nutsmaatskappy City Power het bekend gemaak dat ‘n nuwe stelsel in werking gestel word.

Volgens die kragbeperking-stelsel sal krag na huishoudings gesny word wat elektrisiteit buitensporig gebruik. Dit sal egter slegs geld vir huishoudings met slim-meters.

Die burgemeester van Johannesburg, Parks Tau wat die loodsfase in Aspen Hills bekend gestel het, sê verbruikers sal aangemoedig word om krag tydens dié tydperke spaarsaam te gebruik.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.