Sisonke Msimang se Soros-prul vir geweld teen wittes

Deel op

Sisonke Msimang, indien lesers wonder, is nie die naam van ‘n Leon Schuster-karakter nie. Msimang is die gay, swart feministiese uitvoerende direkteur van OSISA, George Soros se Open Society Initiative for Southern Africa.

Msimang het pas ‘n striemende aanval teen wit Suid-Afrikaners geloods in die New York Times, vol onwaarhede en versinsels.

Een daarvan is dat die swart jeug Hani steeds as hul held sien.

Hani has come to occupy a place in the imagination of black South Africans that is virtually unrivaled.

In ‘n blitspeiling van 10 swart jeugdiges onder 16 in Johannesburg, het slegs vier geweet wie Hani is en nie een het enige waarde aan sy “nalatenskap” geheg nie. Een, Matome Molope, het selfs verklaar dat Hani dood is en daarom van geen waarde is nie.

Msimang se held, Chris Hani, is deur Clive Derby-Lewis doodgeskiet, beweer sy, en daarom moet hy verkieslik in die gevangenis wegkwyn. Dat Derby-Lewis nie die sneller getrek het nie, en wel volgens wet op mediese parool mag aanspraak maak, is vir Msimang onbenullighede.

Those of us who are tired of the empty politics of reconciliation — which assumes that whites have paid for their sins and blacks have forgiven them — find some succor in knowing that Mr. Derby Lewis will likely die in jail.

Die prul, wat drup van male fides, is kennelik met moeite uitgekraam om die verleentheid van Limpo Hani, die laggende weduwee, se tirade teen die media te vergoeilik by die onlangse herdenking van die dooie kommunis se afsterwe.

Nadat die selfingenome weduwee nie haar plesier oor die aandag by die geleentheid kon verbloem toe sy op die verhoog aan die dans gegaan het nie, het sy allerlei onsamehangendhede kwytgeraak voor die mikrofoon oor “onwettige immigrante uit Mosambiek”.

Dié gebrabbel hou glo verband met die feit dat sy geen traan gestort het oor Hani se dood nie omdat sy in ‘n buite-egtelike verhouding betrokke was, net soos haar man met die Masbieker toe hy geskiet is.

Msimang se pleidooi om Suid-Afrika van wittes te suiwer, is ook ooglopend gepen om saam te val met die EFF se beeldebestorming en vandalisme.

Behalwe dat sy meen Nelson Mandela was te gaaf met wittes en dat Hani ons sou uitgejaag het, het sy ook dié goeie woordjie vir Helen Zille se held Biko:

Biko was an iconoclast who smashed the idols of white supremacy.

I believe that Mr. Hani would have eventually ruled South Africa as president if he had lived. I like to think that he would have defied his mentor, Mr. Mandela, by offering us a less conciliatory path to dignity.

Die wit jeug is duidelik nog nie onderdanig genoeg, uitgewerp en onderdruk, volgens Soros se swart buikspreker nie:

In a survey released by the Institute for Justice and Reconciliation, only half of white youth surveyed agreed with the statement, “apartheid was a crime against humanity,” as the United Nations defined it in 1966.

Dit sal natuurlik insiggewend wees indien ‘n mens die swart bevolking raadpleeg oor hulle indrukke van gays. Navorsing sal ongetwyfeld aantoon dat 90% dit nie sal verwelkom dat hulle deur dié groep aan die neus gelei word om geweld te pleeg sodat die land etnies gesuiwer kan word nie. Daar is toenemende getuienis dat die “Gaystapo” soos Amerikaners hulle noem, van die Suid-Afrikaanse media beheer geneem het, ook in Afrikaans. Nie net word hulle polities korrekte waardes op ons afgedwing nie, maar hulle stig insgelyks konflik tussen rasse en kulture aan.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.