Wit onderwyseres afgedank na sy swarte oor hare betig

Deel op

‘n Afgetrede onderwyseres, wat afgedank is nadat sy glo ‘n swart leerling van ‘n spog-meisieskool in Bloemfontein by die skool se naskoolsentrum “aangerand” het, gaan haar afdanking by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) beveg.

Dit kom nadat die onderwyseres wat meer as vier jaar verbonde is aan die sentrum, waar kinders hoofsaaklik hulp ontvang met hul huiswerk, verlede week in ‘n interne verhoor skuldig bevind en summier uit haar pos ontslaan is.

Adv. Pieter Venter, wat namens haar optree, sê voorvalle waarby kinders of ‘n spesifieke rassegroep betrokke is, is sensitief, maar die skool het onbillik opgetree.

Hy meen die voorsitter van die interne verhoor het nie ‘n vorige vals aantyging wat deur dieselfde leerling teen dié onderwyser gemaak is in ag geneem nie.

Venter hou vol sy kliënt het nie die leerling aangerand nie, maar slegs probeer om die leerling se hand uit haar hare te haal nadat sy die leerling gevra het om haar skoolboeke uit te haal en met haar huiswerk voort te gaan.

Die Kommissie vir Bemiddeling, Versoening en Arbitrasie hoor die saak op 29 April aan.

Niemand van die skool kon tot dusver reageer op OFM-nuus se telefoniese navrae nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.