Zim kan nie meer staatsamptenaarbonusse betaal nie

Deel op

Zimbabwe gaan nie meer bonusse aan sy staatsamptenare betaal nie, weens die verswakkende ekonomie wat swaar getref word deur kontantvloeiprobleme en maatskappye wat sluit.

Die minister van Finansies, Patrick Chinamasa, sê die besluit om staatsamptenare se dertiende tjek te skrap, sal eers in 2017 hersien word voor die verkiesing in 2018, het RSG berig.

Die grootste deel van Zimbabwe se begroting – sowat 82-persent – word aan sy salarisrekening bestee.

Sommige staatsamptenare het steeds nie hul bonusse van verlede jaar ontvang nie.

Die Zimbabwiese Reserwebank het reeds aanbeveel dat geen salarisverhogings ingestel word nie.

Intussen het Robert Mugabe tydens sy bedelbesoek aan Suid-Afrika verklaar dat hy nie “wit gesigte wil sien nie”. Dit is nie duidelik of hy die “witgesigte” se mielies wat sy verhongerde landgenote aan die lewe hou, ook sal weier nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.