Zoeloes verjaag buitelanders

Deel op

Grootskaalse plundery in Durban se lokasies het verlede nag uitgebreek soos spanning aangevuur deur xenofobiese retoriek en werkloosheid oorgekook het.

Verskeie mense is dood en duisende is uit hul wonings gejaag in die mees gewelddadige onlangse aanvalle teen buitelanders wat steeds in ‘n deel van KwaZoeloe-Natal voortduur.

Sporadiese geweld is veral in Suid-Durban opgemerk. Honderde polisielede is ontplooi in die stad van alle uithoeke van provinsie, terwyl duisende Zoeloes op buitelanders se winkels toegesak het.

Die eThekwini Metro se hele brandweer is na verneem word ontplooi in net KwaMashu alleen, soos plunderaars winkels aan die brand steek asook huise wat aan buitelandse burgers behoort.

Die polisie se Openbare Orde-eenheid het gesukkel om die eiendom van buitelanders te beveilig. Volgens berigte het groepe mense in Umlazi en in KwaMashu van winkel tot winkel beweeg en voedsel gebuit voordat winkels aan die brand gesteek is.

Die sentiment van Zoeloe-inwoners is vervat in kommentaar deur die Zoeloekoning Goodwill Zwelithini, wat voorgestel het dat nie-Suid-Afrikaanse burgers hulle “tasse moet pak” en terugkeer huis toe.

Zwelithini se opmerking volg te midde van die regering se pogings om duisende ontwortelde buitelanders aan te moedig om na hul gemeenskappe terug te keer.

Die vlaag xenofobiese geweld kan toegeskryf word aan buitelanders wat ongehinderd oor Suid-Afrika se grense stroom en meeding om werk in ‘n arbeidsmark waar werkloosheid reeds hoogty vier.

Berigte dat ‘n kind geskiet is, kon nie bevestig word nie.

‘n Groot groep swart mans wat by die Dalton mans-hostel in die Durbanse middestad saamgetrek het, is ook uiteengejaag.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.