Amerikaner in Namibië doodgeskiet

Deel op

’n Amerikaner is gister in die vroeë oggendure by sy huis op Otjiwarongo doodgeskiet, het die Republikein berig.

NUUT!

Volgens die polisie se woordvoerder­ in die Otjozon­djupa­streek, ao. Maureen Mbeha, het die voorval tussen Sondagaand­ en die vroeë oggendure­ gister plaasgevind toe die 56-jarige Amerikane­r ondersoek­ gaan instel het nadat daar by sy bakkie ingebreek­ is.

“Hy is op ’n kort afstand in sy voorkop en onder sy ken deur ’n onbekende­ aanvaller doodgeskiet­,” het Mbeha gesê en bygevoeg dat die oorledene­ se identiteit nie bekend gemaak kan word voordat sy naasbestaandes­ is nie van sy dood ingelig nie. Volgens Mbeha het die verdagte­ die Amerikaner­ se Ford Ranger-­bakkie­­, wat buite sy huis geparkeer­ was, se linkervoorvenster­ met ’n baksteen­ uitgeslaan. Sy sê nadat die voertuig­ se venster uitgeslaan­ is, het die verdagte­ die linkervoordeur­ oopgemaak­ en die alarm het afgegaan­.

“Dit word vermoed dat die Amerikaner­ deur die bakkie se alarm wakker gemaak is en twee skote deur sy kamervenster geskiet het om die verdagte op die vlug te laat slaan,” het Mbeha verduidelik.

“Omdat die deur van die voertuig steeds oop was, word vermoed dat die Amerikaner uit sy huis gegaan het om die bakkie se deur toe te maak, maar die verdagte moes iewers weggekruip­ het en toe op ’n kort afstand twee skote na hom gevuur het.”

Volgens Mbeha het die Amerikaner­ op sy maag geval en hy is op die toneel oorlede. Sy pistool het langs hom gelê, met sy bakkiesleutels in sy regterhand.

Niemand is nog in dié verband in hegtenis geneem nie en die polisieondersoek­ duur voort.

Die Amerikaner, ’n meganiese­ ingenieur­, het sy eie onderneming­ op die Noordedorp besit en het regeringsvoertuie herstel.

Volgens inwoners het die oorledene meer as agt jaar op Otjiwarongo­ gewoon.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.