Taalraad vier Basters se ‘Bloedrivier’

Deel op

’n Afvaardiging van die Afrikaans­e Taalraad (ATR) in Suid-Afrika het Namibië verlede week besoek om bande met die Afrikaanssprekende­ gemeenskappe­ in die land te verstewig, het die Republikein berig.

Dr. Hendrik Theys, onder­voor­sitter­ van die ATR, sê die ATR is ’n burgerlike sambreelorganisasie in die buurland.

Theys, wat Namibië saam met twee van die ATR se direksielede­, mnre. Danie van Wyk en Waldy Kastoor, besoek het, sê die raad sou graag wou sien dat ’n taalvereniging­ vir alle Afrikaans­sprekendes in Namibië gestig word om saam met dié moederorganisasi­e in Suid-Afrika, op inklusiewe wyse na die belange om te sien van die onderskeie­ Namibiese­ gemeenskappe­ wat Afrikaans in die huis praat.

Hulle het daarom besoek gebring aan die Afrikaanse departement van die Universiteit van Namibië, Afrikaanse media-instellings, skole, die Bastergemeenskap van Rehoboth, die organiseerders van die Windhoek Woordfees en ander kultuurorganisasies.

“Ons hoop verteenwoordiger­s van hierdie groepe sal nou ’n verkennend­e vergadering reël met die oog daarop om so ’n taalverenigin­g te stig,” sê Van Wyk.

Die afvaardiging is veral opgewonde­ oor die honderdjarige­ herdenking van die Slag van Sam //Kubis op 8 Mei vanjaar en beplan om dit by te woon. Dit is ’n belangrike­ geleentheid vir die Bastergemeenskap, wat die eerste mense was wat Afrikaans na hierdie land gebring het, sê Theys.

Sam //Kubis is ’n sirkelvorminge­ bergreeks sowat 60 km vanaf Rehoboth­.

Die Basters is op 8 Mei 1915 deur die Duitsers daar aangeval met twee kanonne en drie Maxim-masjien­gewere in ’n geveg wat heeldag geduur het. Ná ’n gebed en gelofte wat glo ooreenkomste­ toon met dié van die Boere tydens die Slag van Bloedrivier, het die Duitse troepe glo teruggeval. Die Basters herdenk jaarliks dié dag.

Theys sê die ATR verstaan dat Afrikaans “in verskillende kleure en geure” kom.

“Alle variëteite van Afrikaans het sy unieke plek en moet gekoester­ word. Ons moet dit gebruik, opteken, erken, waardeer en in woordeboeke opneem. Maar ons moet terselfdertyd ander taalsprekers­ se tale en kultuur erken en respekteer,” sê hy.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.