Koue winter wag vir witgesigte

Deel op

Ons mense moet nou begin oplet in die klas. Daar is baie goed wat gebeur wat op hulle eie nie regtig ‘n probleem is nie, maar sou mens na die geheel kyk is ons in vir ‘n koue winter.

Toe ek die fotos op die nuus sien van Rhodes se standbeeld was die eerste assosiasie wat my brein gemaak het met die van die beelde na Saddam se paleis bestorm is. Onthou hoe die mense met vreugde die oorwinning gevier het deur sy standbeeld om te trek. Daardie oomblik was die klimaks van ‘n stryd wat gewen is. Baie min van ons weet nou wat daar aangaan en nog minder van ons gee om, maar tog het meeste van ons al die beeldmateriaal gesien.

Die vreugde van die skare wat Rhodes se standbeeld met haat en skelwoorde vergesel het gee mens ‘n dieper realiteit teenoor die gevoel wat baie mense koester teenoor die “kolonialiste”. Ek presoonlik voel nie veel vir Rhodes nie. Myns insiens was hy ‘n tweegat, rooinek diamantsmokkelaar, maar dit is nie regtig die punt nie. Hy is nie ontroon as gevolg van ‘n dieper gesprek oor sy bydrae tot Afrika nie. Die motivering was -hy was ‘n wit kolonialis, verteenwoordigend van die wit geskiedenis. Die aantal skendings van standbeelde oral oor die land is nie na aanleiding van ‘n akademiese debat oor die individue nie, maar eenvoudig ‘n haat teenoor die mense wat verteenwoordig word deur die standbeelde.

Kyk ons na die Groot Boek, moet ons darem ook eers voor ons eie deur vee- Is hierdie standbeelde, monumente in lyn met ons Bybelse opdrag? Is dit nie net afbeeldings wat ons gemaak het op aarde om te vereer nie? Dit is immers so genoem in die 10 gebooie. Selfs wanneer Israel opdrag gee om ‘n land in te neem is die eerste ding wat hulle doen om die afgode en simbole van die vyand te vernietig. Is Paul Kruger ons goue kalf? Moet ons nie dalk self al die monumente en standbeelde verwyder nie? Ek wil nie eers raak aan al die simboliek van sekere geheime organisasie in ons volk se stanbeelde en monumente nie!

Bogenoemde kan seker ‘n redelike debat op sy eie wees, maar ek vermoed die rede waarom ons so emosioneel raak oor ons standbeelde is omdat dit ons sn is. Simboliek, reg of verkeerd, is ons eie. Dit is ‘n stukkie onthou van hulle wat voor ons hierdie stryd baklei het. Ek glo nie Sunette het haarself vasgeketting aan Oom Paul se standbeeld omdat sy hom aanbid nie, ook heel moontlik nie omdat sy dink al sy besluite was reg nie- Ek vermoed Sunette het haar gaan vasketting aan daardie “bietjie van ons” wat nog oor is. Daardie hoop van ‘n volk met waarde en karakter. ‘n Volk van Naam.

Hoe wis jy ‘n volk uit? Daar is seker baie maniere, maar die regering van RSA behoort ‘n prys te wen vir hulle subtiele vernietiging van ‘n volk deur die volk self. Maak dit in die eerste plek “nie cool” om deel te wees van die volk nie en die kinders sal self wegskram. Vervang hulle waardestelsel met vrye keuse en promiveer ‘n identiteit-lose lewe as hooftstroom terwyl jy agteraf jou eie kultuur en tradisies gesond hou. Twee dekades later sit jy met ‘n volk wat mekaar verskeur. Al wat oorbly is om die voetspore in die sand weg te vee wat dien as herinnering aan wat hulle eintlik is. Breek hulle standbeelde af, verander hulle straatname en ontken hulle bydrae.

Ek kom terug na die klein jakkalsies wat die wingerd verniel. Met of sonder Oom Paul se standbeeld gaan brood my nog dieselfde kos. Of ek in Verwoerdlaan of Mandela-laan ry gaan ek nog dieselfde verkeer kry. Vanaand word nog ‘n Boer vermoor en ek gaan more nogsteeds my snooze knoppie druk om 5 minute langer te slaap. Nie een van hierdie goed gaan my lewe direk raak nie. Sunette kan nie elke dag aan Oom Paul vasgeketting wees nie- vanaand kan iemand gaan en die beeld verwoes. Haar lewe sal aangaan.

Dit is hierdie kultuur van gemaklik wees om klein goedjies te verloor wat op die einde van die dag gaan lei tot ‘n hele identiteit van ‘n volk wat gaan verdwyn. Dit is ‘n simbool van oorwinning oor die wit gesigte as jy op Rhodes se standbeeld sit wat verskuif word. Wat het Mugabe hier kom doen? Was dit nie Malema wat laas vir hom gekuier het nie? Hoe lank het die wit gesigte oor?

Kom ons draai die waarheid op sy maag. Gaan ons volk oorlog maak as hulle Oom Paul se standbeeld verwoes? Nee. Gaan ons die wapen opneem as hulle die Voortrekker monument platslaan? Nee. Gaan ons alles wat ons het opgee, gesin, huis en beroep om ‘n rebelle oorlog te begin voer in die land oor ‘n paar Boere wat op plase vermoor is? Nee. Gaan ons die gerief van ons huis en ons gemeenskap verruil om in ‘n volkseie gebied te gaan woon? Nee.

Die realiteit my liewe mense is dat hulle elke liewe monument kan afbreek in die land en geen haan sal daarna kraai nie. As ons na die duisende Boere se moorde nog nie weerstand gebied het nie, sal ons dit wragtig nie doen vir ‘n standbeeld nie. Baie mense dink grondhervorming sal ‘n tipe weerstand laat onstaan, maar ek weet van meer as een plaas wat baie soetjies hervorm is en geen haan of buurman het daarna gekraai nie.

Die sukses van die revolusie (wat nog steeds aan die gang is) is dat hulle ‘n klomp klein gevegte elke dag wen sonder om dit as ‘n geheel te erken. Elke dag is nog een wit gesig armer of meer dood as die vorige dag. Elke dag is daar ‘n klein stukkie van ons waarde, geskiedenis of bestaan wat weggeneem word in skole, in die werkplek in die gemeenskap. Dit is klein goedjies wat op hulle eie nie pla nie tot mens dit in geheel begin sien. Die waarheid is dat elke dag wanneer jy opstaan is ons volk ‘n klein bietjie armer as die vorige dag.

Wat Rhodes se storie verskillend maak is die openbare vertoning wat daarmee saamgegaan het. Mugabe wat in die publiek erken hy wil nie wit gesigte sien nie. Met ander woorde die subtiele kleiner aksies begin nou oorspoel in meer publieke vertonings van mag. En enige iemand wat dit verstaan behoort bekommerd te raak…

Wat hou dit vir ons in?

Ek vermoed in die nabye toekoms gaan ons al meer sulke publieke vertonings van mag sien. Ek vermoed die “wit gesig haters” besef ons het geen behoefte om weerstand te bied nie. Moenie skrik as daar skielik al meer grond beset word nie, monumente, standbeelde vernietig word en of ander soorteglyke aksies van direkte magsvertoning gaan plaasvind nie. Die regering sal sekerlik die heeltyd diplomaties bly en hierdie aksies selfs kritiseer, maar die realiteit sal wees dat daar nou momentum is om die geskiedenis van die kolonialis saam met die “kolonialis” uit te wis. Ek vermoed meer “wit gesgite” sal hulle werk verloor en ons kan selfs op die uitkyk wees van meer van ons mense wat geviktimiseer word.

Die van u wat Game of Thrones gekyk het sal die woorde “Winter is coming” ken. Ek glo dat ons ‘n koue winter kan verwag. Binnekort gaan die stakings weer begin en elke jaar is die eise groter en die geweld meer, brandstof word al duurder, kos word duurder, krag word duurder, mense word armer. Die ekonomie lyk nie goed nie. Moeilike tye…

Al die bogenoemde kan nog hanteer word, maar die een ding wat ons nie gaan wen nie, die een faktor wat hierdie land oornag op sy kop kan laat draai is Eskom. Sonder krag sal hierdie land nie dae kan oorleef met die chaos nie. Dit is die een ding wat die “wit gesigte” uit hulle huise sal dwing en ook die enigste ding.

Dinge lyk partykeer nie asof hulle iets met mekaar uit te waai het nie, tog is simboliek maar altyd ‘n bliksem. Die idee dat die hele Eskom netwerk ineen kan stort, is nie meer so vergesog soos ‘n paar jaar terug nie. Sou dit gebeur, sal dit die einde wees van elektrisiteit in RSA vir ‘n baie lang tyd. Die ironie hiervan kom by ‘n klein stukkie detail. Die eerste dorp in die Suidelike halfrond, selfs voor Londen, om elektriese straatligte te gebruik was Kimberley, 2 Septemeber 1882. In daardie tyd was daar ‘n jong Engelsman besig om die diamantvelde van Kimberley om te keer en sou hy later een van die rykste besighede in die wêreld begin en daar sou selfs vir hom ‘n standbeeld opgerig word. Mens kan nie help om te wonder of die ligte wat Rhodes sien aankom het, nie ook dalk saam met hom gaan afgaan in die lang koue winter voor ons nie…

Vannermerwe

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.