Twee voor oor hulle beelde beskadig

Deel op

‘n Een-en-twintig-jarige man sal vandag in die Johannesburgse landdroshof verskyn in verband met die beskadiging van die Mahatma Gandhi-standbeeld op Gandhi-plein in Johannesburg.

Die swart verdagte is Saterdag in hegtenis geneem. Die polisie het hom betrap terwyl hy die standbeeld met wit verf beskadig het.

Hy was deel van ‘n groep wat ANC-pette gedra het.

Hy het ook ‘n stuk karton by hom gehad waarop gestaan het dat die “rassistiese Gandhi moet val”. Hy sal van kwaadwillige saakbeskadiging aangekla word.

Volgens Gandhi was een van die groot prestasies in Suid-Afrika rasseskeiding deur te weier om ‘n poskantoordeur met swartes te deel.

Hy het in die Britse leër gedien en gretig deelgeneem aan die 1906-oorlog teen swart Zoeloes.

Gandhi het breedvoerig oor sy ervarings met swartes van Suid-Afrika geskryf en deurentyd na hulle as “kaffers” verwys, met ‘n diepgewortelde minagting vir die Afrika-inboorling.

In Pretoria sal ‘n swarte ook vandag in die hof verskyn nadat die standbeeld van Paul Kruger op Kerkplein vir ‘n tweede keer gevandaliseer is.

Dit is die tweede voorval van vandalisme by die standbeeld die afgelope twee weke.

Die verdagte was deel van ‘n EFF-bende die naweek by die standbeeld wat verf daarop uitgegooi het. Een persoon is in hegtenis geneem toe die groep weggehardloop het.

‘n Dag nadat ‘n standbeeld van die dominee en skrywer Andrew Murray gevandaliseer is in Wellington in die Wes-Kaap, het ‘n paar inwoners gesê hulle is nog steeds woedend oor die voorval.

Die standbeeld wat op die terrein van die Wellington NG Kerk opgerig is, is Vrydagnag besmeer met rooi verf.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.