Hillary kondig aan dat sy vir die Withuis mik

Deel op

Die voormalige Amerikaanse minister van buitelandse sake Hillary Clinton het formeel haar toetrede tot die presidensiële benoemingstryd aangekondig op sosiale media. Sy sal in die 2016-wedloop vir die Withuis meeding.

Clinton se perskantoor het glo ‘n tikfout in haar persverklaring gemaak met die reël dat sy “teen kinders en gesinne al haar loopbaan lank veg”. Die mediaspan sê dit moes “vir” gewees het.

As Hillary slaag, sal sy die eerste vroulike Amerikaanse president word. Barack Obama was die eerste swart president, en dit sal ‘n manier wees om nie weer ‘n swarte te hoef aan te wys nie.

Sy het op haar veldtogwebwerf gister aan Amerikaners gesê sy wil graag hulle “kampioen” wees.

Hillary het vir die Demokratiese presidensiële nominasie in 2008 gestaan, maar verloor teen Obama.

Sy is met ‘n oorweldigende meerderheid die Demokratiese gunsteling. Met die bruin Meksikane wat oor die grense van die VSA stroom en summier burgerskap kry, het die Demokrate seker gemaak dat die Republikeine se kanse vir goed bederf is, aangesien hulle beeld te “wit” is.

Die VSA streef ‘n aggressiewe beleid van rasse-gelykheid na.

Hillary dreig al vir maande om haar kandidatuur te verklaar. Haar veldtogspan sê hulle sal die volgende paar weke ondersteuning op voetsoolvlak bou in die vroeë Demokratiese primêre state.

Sy sal na verwagting haar eerste byeenkoms in die middel van Mei hou om haar veldtog mee af te skop.

Haar kritici sê sy is onnosel en het haar loopbaan aan haar man te danke. Terwyl Obama verkies is op grond van “potensiaal”, het sy twintig jaar gehad om te wys dat sy tot baie min in staat is, behalwe die gemors in Libië waaroor sy gespog het toe ‘n Amerikaanse senior diplomaat vermoor is.

Hillary het 2003 gestem vir die inval in Irak. Nadat sy, bekend as die luiste senator, ses keer gestem het dat die oorlog verder befonds moet word, het sy in die openbaar verklaar dat dit ‘n “dom oorlog” is.

Sy het kort voor die Skotse referendum ingemeng om te verklaar dat onafhanklikheid ‘n “slegte idee” is en ‘n pleidooi gelewer dat Brittanje in die EU moet bly omdat die EU “nie sonder Brittanje kan klaarkom nie”.

Hillary het aan FOX News in ‘n onderhoud met Bill O’Reilly, op 30 April 2008 gesê : “Ryk mense [soos ons], mag die Here ons seën. Al die geleentheide kom ons toe om seker te maak dat ons land en ons seëninge in die volgende generasie bly.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.