Zuma vier sy 73ste verjaarsdag

Deel op

President Jacob Zuma het Sondag ter viering van sy 73ste verjaarsdag gesê nasionale eenheid en samehorigheid bly sy visie vir Suid-Afrika.

Die president het gesê sy verjaarsdagwens is dat “alle Suid-Afrikaners in vrede en harmonie sal saamleef”. “Ek wil nasionale eenheid en samehorigheid aanskou, waar alle burgers hulself as mekaar se hoeders sal sien, waar ons almal saamspan om probleme op te los en ‘n verenigde en vooruitstrewende saam Suid-Afrika te bou.”

“Sy kinders het vir hom ‘n privaat familiekuier by die amptelike presidensiële woning in Durban, John Dube House, gereël,” het Mac Maharaj, woordvoerder van die presidensie, in ‘n verklaring gesê.

“Ek is dankbaar vir die gawe van lewe,” het Zuma gesê. “Wat my gelukkig en tevrede maak, is om in Suid-Afrika te bly, ‘n pragtige suksesvolle land met wonderlike mense met ʼn blink toekoms. Maar, wat my laat wakkerlê in die aand is die werk wat ons nog moet doen om almal se lewens te verbeter, veral die armes, en die behoefte dat ons almal, die regering, gemeenskappe en alle sektore, vinniger sal werk om ʼn beter lewe vir almal te skep.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.