Schalk Jacobsz: Ope brief aan Julius Malema en sy kamerade

Deel op

Ek wil julle nie beledig deur aan julle in die koloniale taal, Engels (wat ek magtig is), te skryf nie.

Daarom skryf ek hierdie brief aan julle in Boers, die taal van my volk die Boervolk, gebore in Afrika, wat ophou bestaan het nadat een van ons mense, Jan Gerritze Bantjes die seun van my groot oupa-grootjie Jan Gerritze Bantjes van Bloedrivier-faam, die Witwatersrandse goudrif waar die Floridameer nou is, ontdek het. Hulle het daardie gat met die hand gegrawe.

schalk_jacobszDie Britse Ryk het my volk wat uit bykans 180,000 siele bestaan en maar net oor 60,000 weerbare man beskik het met ‘n weermag van 450,000 man aangeval. Hulle het ook wit en swart Afrikaners gebruik om teen my volk te veg. Hulle het ons plase afgebrand en ons vee onder die bajonet gesteek. Ons vroue en kinders het hulle in konsentrasie kampe saamgehok waar 22,000 Boere kinders en 6,000 Boere vroue dood is aan verhongering en blootstelling. Die oorlog het ook die duisende wildsbokke, kos vir mense in die veld, in die land uitgeroei. Dit alles om beheer te kry oor die Witwatersrand se goudproduksie.

Ons verstaan julle renons in die koloniale beelde wat die wêreld vol staan. Ons verstaan ook dat julle beelde van Boerehelde sien as koloniale simbole – soos al die mense oorsee is julle nie vertroud met die geskiedenis van hierdie land ken nie.

Ons verstaan dat julle al hierdie goed verwyder wil hê.

Want die Britse Ryk het met hulle koloniseringsbeleid ook Indiërs uit hulle land, indertyd ‘n Britse kolonie, weggevoer om goedkoop arbeid te verkry vir die suikerrietplantasies in Natal.

Maar wat julle nie verstaan nie is dat daardie ou klipgeboue wat rondom Kruger en die Boerkrygers op Kerkplein opgerig is ook simbole is van die “kolonialisme” wat julle so verpes. Besef julle dat julle ook daardie geboue sal moet verwyder? Dit sal geheel-en-al verwyder moet word dat daar nie oral hope bourommel rondlê wat die aanwas van weivelde vir julle vee verhoed nie.

Ons verwag nie dat julle met daardie geboue begin nie – veels te moeilik. Ons wil voorstel dat julle met eenvoudiger bousels begin sodat julle kan eksperimenteer met die beste maniuer om van die bourommel ontslae te raak.

Begin dus met die huise in Soweto en die ander swart woongebiede of “locations” wat voor 1994 deur die wit apartheidsregering gebou is. Julle kan party vervang met die tradisionele grasbedekte modderhutte van die Sothos of die grashutte van die Zoeloes en die Xhosas. En onthou om al die teerstrate en die randstene en plaveisels en die rioolpype en die watertoevoerpype en die elektriese pale en drade te verwyder en die geysers en die stowe en die yskaste want die goed is alles koloniale gemors. Moenie die boeke en goed vernietig nie. Deel dit uit aan die arm mense sodat hulle in die winter daarmee kan vuurmaak. Die goed staan alles in die pad van die Afrika-Renaissance en gesonde weiding vir julle vee.

En moenie van die motorvoertuie vergeet nie. Goed wat nie ingeploeg kan word nie kan as skroot aan buurlande verkoop word om die werk te finansier.

Dan sodra julle klaar is daarmee kan julle julle ervaring gebruik om met die ou geboue te begin. Die beste een om mee te begin, is een wat alleen staan weg van ander geboue af met genoeg grond rondom waar die bourommel tydelik opgehoop kan word voordat julle dit wegkarwei. Dit is die Uniegebou in Pretoria. Julle sien, die Uniegebou is die simbool van die Britse Ryk se berowing van al die Afrikaners (wit & swart) in Suid-Afrika se regmatige erfenisse. Die grondwet van die Unie van Suid-Afrika is in September 1909 deur die Britse Parlement in Londen aangeneem en deur die Britse koning Eduard VII gepromulgeer.

Ten spyte daarvan dat hulle ons Boere op 31 Mei 1902 selfregering beloof het met die Vredesverdrag van Vereeniging het hulle ons Republieke saam met die Kolonies van Natal en die Kaap en die Tuislande van die Swart Afrikaners van Suid-Afrika op 31 Mei 1910 as provinsies onderdanig gemaak aan die Regering van die Unie van Suid-Afrika – ‘n Britsontwerpte regering .

Die sandsteengebou is deur Sir Herbert Baker ontwerp in die styl van die neoklasissisme van die Italiaanse Renaissance met Eduardiaanse en Kaapshollandse detail. Konstruksie is begin op 1 November 1910 en die gebou is voltooi in 1913. Die naaste wat hierdie gebou kom aan Afrika is die Kaapshollandse detail. Julle sal baie versigtig moet werk dat julle nie Mandela se standbeeld beskadig nie. Die Mandela-familie sal baie seergemaak wees en die res van die wêreld woedend, want Mandela is ‘n internasionale ikoon!

Kyk hoe staan hy daar met sy uitgetrekte arms asof hy wil sê “Kom my kinders, sluit by my aan en word in vrede saam met my onderdane van die Internasionale Geldmag wat my so ryklik beloon het met die Nobel-prys vir Vrede!

As julle klaar is met die Uniegebou kan julle die Parlementsgebou in Kaapstad aanpak. En daarna die Universiteit van Kaapstad. In Natal kan julle Zoeloe-lede daardie aaklige neo-Afrikaanse stat van Zuma afbreek en vervang met tradisionele Zoeloe-hutte in die styl van Dingaanstat.

Die voordele van so ‘n projek is die werkgeleenthede wat dit sal skep en die lae koolsuurgasvoetspoor daarna.

Die nadele is dat die beloftes van julle voorvaders wat julle tot niet gaan maak, hulle gramskap gaan verwek.

Hulle sal julle looi.

O, ten slotte, julle sal móét ontslae raak van Engels want die Engelse taal maak van Suid-Afrika ‘n Britse kulturele kolonie.

Groete,

Schalk W. Jacobsz

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.