Linkse agies kry floute oor k-woord, maar twieter sê ‘voetsek’

Deel op

Ten minste een swarte was nie beïndruk met die Universiteit van Kaapstad se onwettige verwydering van die Rhodes-standbeeld nie.

Siv Ngesi, bekende akteur van films soos Invictus en Long Walk to Freedom en MNet-liefling, het na die afbreek van die standbeeld van die Britse imperialis getwiet: “Ja, #RhodesHasFallen maar jy is nog ‘n kaffer in baie van hulle se oë!”

Die twiet het konsternasie onder die linkses veroorsaak. Die akteur Ngesi is gou-gou deur die liberales vermaan oor die twiet. Een het selfs neerhalend na hom as ‘n “coon” verwys en ‘n paar swartes het die voormalige swart kinderster met die dood gedreig.

Kennelik meen sy kritici dat hy dankbaarheid teenoor die UK verskuldig is.

Die 36-jarige Ngesi het as jong seun saam met die teaterstuk Les Miserable na Asië getoer in die rol van Gavroche.

Die akteur het daarna geweier om verskoning te vra. “Ek was al voorheen in die moeilikheid op Twitter en het om verskoning gevra, want ek was verkeerd. Ek gaan nie hierdie keer my stelling terugtrek nie! Voetsek.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.