Is ‘afrofobie’ die nuwe gonswoord?

Deel op

Die minister van Binnelandse Sake, Malusi Gigaba het die diplomatieke gemeenskap opnuut verseker van die regering se erns om vreemdelingehaat te hanteer. Gigaba het gisteraand met ambassadeurs in Pretoria vergader, het RSG berig.

Die vergadering volg op voorvalle van xenofobiese aanvalle in KwaZulu-Natal nadat Koning Goodwill Zwelithini na bewering gesê het dat buitelanders na hulle lande van herkoms moet terugkeer.

Gigaba het ‘n beroep gedoen op alle leiers in die land om nie roekelose uitlatings rakende die kwessie te maak nie.

Hy sê die internasionale gemeenskap moet Suid-Afrika nie sien as ‘n land waar xenofobie en afrofobie voorkom nie.

Intussen het Robert Mugabe Donderdag op TV-nuus aan ‘n wit joernalis gesê wat ‘n vraag aan hom wou stel, hy “wil nie witmense sien nie”.

Mugabe is op staatsbesoek aan Suid-Afrika om te kom geld bedel. Suid-Afrika voorsien reeds voedselhulp aan sy land.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.