Nuwe Afrikaanse film tref

Deel op

Dit blyk die span agter die nuwe Afrikaanse film Ballade vir ‘n Enkeling het ‘n lokettreffer op hande, het OFM berig.

Ballade het in sy openingsnaweek R 1 358 075 landswyd by filmteaters ingesamel, met nagenoeg 27 500 fliekgangers wat dié drama onder oë gehad het.

Wat die Suid-Afrikaanse filmbedryf en Afrikaanse films betref, is die film se sukses egter alles behalwe die norm. Dit is volgens die nuutste studie deur Karin Botha en Pierre-André Viviers van die Noordwes-Universiteit, oor die tydperk 2008 en 2013.

Luidens Viviers studie sukkel die Suid-Afrikaanse filmbedryf om fliekgangers te laat belangstel in Afrikaanse films, want filmmakers verstaan nie die behoeftes van hul teikenmark nie

Volgens filmkritikus en bedryfkenner, Leon van Nierop, kan ‘n Suid-Afrikaanse film wat meer as R 3 miljoen by die loket verdien as ‘n sukses beskou word.

Die mees populêre films wat oor die tydperk 2008 en 2013 vrygestel was, met verwysing na loketinkomste gegenereer, was:

– Liefling (2010, R 13.3 miljoen)
– Semi-soet (2012, R 9.6 miljoen)
– Platteland (2011, R 8.2 miljoen)
– Die Wonderwerker (2012, R 5.3 miljoen)
– Klein Karoo (2013, R 5 miljoen).
Die vyf films wat die swakste vertoon het:
– ‘n Saak van Geloof (2011, R 285 000)
– Jimmy in Pink (2013, R 268 000)
– Ballade van Robbie de Wee (2013, R 130 000)
– Agter die ligte (2012, R 136 000)
– Skoonheid (2011, R 74 000).

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.