Geskiedenis: Verwoerd en die onreg van die 21ste-eeuse narratief

Wie bepaal die 21ste eeu narratief en wêreldbeskouingsvereistes? Daardie narratief wat beweer dat die Suid-Afrikaanse geskiedenis eers aanvaarbaar geword geraak het die dag toe Nelson Rolihlala Mandela sy voete by Victor Verster uitgesteek het. Die narratief wat beslissend bepaal dat oranje, wit en blou, sowel as CJ Langenhoven outomaties met rassisme geassosieer word. En noú, ongelukkig, die narratief wat bepaal dat Oom Paul sy vervaldatum bereik het omdat hy ’n doring in die vlees is vir die “stryd teen rassisme en onreg”.

Om hierdie dominante narratief te begryp, sal ons by Amerika se selfvernietigende politieke korrektheid moet begin en eindig by die Beeld se publikasies, maar daarmee wil ek niemand lastig val nie. Dit is nie die moeite werd om dié narratief te probeer ontleed nie, want hy steek deesdae kop uit by omtrent elke instansie en omgewing. Al wat ons daarvan hoef te verstaan, is dat hy bestaan, dat hy besig is om ons te demoraliseer, en dat hy ons breinspoel. Daagliks. Daar is soveel te debatteer oor die pre-1994-geskiedenis, soveel om oor te gesels en te oordeel, maar die dominante 21ste-eeuse narratief het hom ongelukkig reeds die reg toegeëien om die septer met minagting te swaai – wat ’n oorwoë en stadige swaai van die septer moes wees, het ontaard in ’n impulsiewe en onmiddellike swaai – alles voor 1994 was rassisties, onmenslik, onanvaarbaar en skandalig. Diegene wat hierdie siening verwerp, is ook inherente rassiste, “ontkenners” en “Apartheidsapologete”. En dit is hoe dit is.

Met die oog op die onlangse verwydering en vernietiging van standbeelde het dit my skielik bygeval dat ek te jonk was om die verwydering van ’n Malan- of Verwoerdstandbeeld te beleef. Vir die lot van hierdie veroordeelde figure is daar geen tyd vir debat of bespreking toegeken nie – die septer het op hul koppe geval, en hy het hard geval. ‘n Onlangse verwydering van ’n Verwoerdstandbeelde was toe Terror Lekota, destydse Vrystaatse premier, een oggend in 2009 by die administrasiegebou in Bloemfontein stilgehou het en besluit het dat die armsalige Verwoerdbeeld hom “beledig”. Waarom sou dit wees? Ken hy die naam Verwoerd? Die antwoord is dat die huidige dominante narratief die naam Verwoerd uitgespel het soos wat hy hom wou hê, en in menige kele afgedruk het. Nog meer onlangs het die DA-munisipaliteit by Midvaal in Mei 2011 summier beveel dat Verwoerd se standbeeld verwyder moes word.

Dit val my elke dag by dat mense darem nog die moed bymekaar skraap om ’n D.F Malan- of P.W Botha-aanhaling in toesprake te uiter, maar dit nooit goed dink om die naam Verwoerd te noem nie. Die rede hiervoor is dat die huidige narratief apartheid oombliklik opgefrommel het, P.W Botha verniel het, selfs nou vir Paul Kruger bykom, maar ’n spesiale plekkie in die kollig gehou het vir dr. H.F Verwoerd. Hy is die sondebok wat verantwoordelik is vir al die probleme van ons land – die swak swart slaagsyfer, die swak rasseverhoudings, die hoë aantal plakkers, werkloosheid, ensovoorts. Want hy het met die idee van apartheid vorendag gekom. En dít is die storie wat ons
móét glo. Dit is wat Beeld vir ons vertel, dit is wat Pierre de Vos en Piet Croucamp vir ons uitbasuin, dit is wat die DA vir ons skryf, en dit is wat die geskiedenisboeke van vandag voorskryf. Ek kan die statistieke en feite aanhaal om herhaaldelik die valsheid van hierdie siening te bewys, maar met statistieke wil ek ook niemand lastig val nie. Ek kan bewys dat daar onder die Verwoerdadministrasie in verhouding tot die destydse bevolking meer huise vir swartemense gebou is as onder 20 jaar van ANC-bewind, dat daar meer swart skole en universiteite gebou is as ooit, dat swart lewensverwagting en -standaarde die hoogtes ingeskiet het (ten spyte daarvan dat die swart bevolking verdubbel het onder dr. Verwoerd se bewind), maar ek kan ongelukkig nie die narratief en vertolking van dr. Verwoerd se optrede en ingesteldheid hierdeur verander nie. Ek kan mense wél aanspoor om ’n gebalanseerde beeld van die geskiedenis voor 1994 te vind en hul uitsprake daarop te grond.

As ’n student moet ek dikwels die lofsange vir oudpresident Nelson Mandela aanhoor. Ek moet dikwels myself stuit om te vra waarom hy so opgehemel word, maar sy etlike terreurdade en toewyding aan die kommunistiese oorname in Afrika mag nooit bevraagteken word nie. Is dit ook die toedoen van die huidige narratief? As ons Mandela se terreurdade, geweldsaanhitsing envernietiging van duisende lewens mag ignoreer, mag ons nie dan ook dr. Verwoerd se soms belemmerde vooruitskattings en projeksies ignoreer nie? Of ons daaraan herinner dat dié man met ’n buitengewone verstand in die meeste gevalle heeltemal korrek was met sy vooruitskattings?

Sy vooruitskatting dat swartmense na die tuislande sou stroom was miskien onakkuraat, maar wat van sy akkurate projeksie dat die swartmense van Suid-Afrika binne 10 jaar die mees welgestelde swartmense ter wêreld sou word? Hetsy akkurate of onakkurate voorspellings, kon ek een korrelasie tref – en hieroor sal die huidige narratief reglynig met my verskil – dr. Verwoerd het edele, goeie bedoelings gehad.

Dr. Verwoerd loop in Sophiatown. Hy wou die plakkershutte vervang met baksteenhuisies.
Dr. Verwoerd loop in Sophiatown. Hy wou die
plakkershutte vervang met baksteenhuisies.

Teenstrydig met die mening van die huidige narratief, wou dr. Verwoerd nooit enige mens of groep doelbewus benadeel of onderdruk nie. Inteendeel, hy het hom beywer vir die ontwikkeling van swartmense. Hy het eerstens geweet dat die swart bevolking onlosmaaklik deel was van die land, en dat elke land slegs so doeltreffend funksioneer soos die sterkte van sy swakste skakel. Die swartmense van dr. Verwoerd se tyd was, ontwikkelingsgewys, die swak skakel wat dr. Verwoerd wou versterk tot ’n glorieryke Afrikanasie. In ’n mate is hierdie ideaal verwesenlik – swart lewenstandaarde vermeerder in dr. Verwoerd se termyn teen 5,4% per jaar teenoor die vermeerdering van die blanke lewenstandaard van 3,9% per jaar.

Tweedens het dr. Verwoerd al te goed besef dat daar nooit vrede in Suid-Afrika sou heers indien so ’n groot deel van die bevolking nie tevrede en gelukkig was nie. Hy het meermale beaam dat die tuislande die ware tuiste van die swartman moes word, waar hy sou gelukkig wees en homself ontwikkel soos wat hy nooit sou kon doen onder blanke oorheersing in die Republiek nie. Ongeag of hierdie ideaal na dr. Verwoerd se dood deur sy opvolgers verwesenlik sou word, wás dit die edele bedoeling.

Daar bestaan geen twyfel dat die belange en behoeftes van die Afrikanervolk vir die eerste keer in dekades (sedert Britse kolonialisme) topprioriteit geniet het tydens dr. Verwoerd se premierskap nie. Die algemene volksgevoel en vyandigheid teenoor die Engelse blankes kon dr. Verwoerd aangevuur en geïnspireer het om juis dít aan hulle te doen wat tans met die blanke onder ANC bewind gedoen word – marginalisering. Hy doen egter die onverwagse en teenoorgestelde – in ’n poging om onafhanklikheid van Brittanje los te slaan maak hy werk daarvan om die Afrikaner en Engelse blanke sover moontlik te versoen en om die Engelse se veiligheid in die toekomstige Republiek te verseker. Om daad by die woord te voeg, stel hy in die binnekring van die Nasionale Party, asook in sy kabinet menige Engelse aan om die Engelse verteenwoordiging op regeringsvlak te versterk.

Verwoerd roep laat in 1960 ’n referendum uit oor die vraag of Suid-Afrika ’n republiek moet word. Op 31 Mei 1961, 59 jaar na die einde van die Boere-republieke, ontstaan die Republiek van Suid-Afrika, los van Britse heerskappy. ’n Goue tydvak lê voor.

Dr. Verwoerd spreek ’n skare jong swart kinders toe.
Dr. Verwoerd spreek ’n skare jong swart kinders toe.

Afgesien van die suksesse van die Republiek, is dr. Verwoerd toegegooi onder die eise van swart ontwikkeling. In ’n radioprogram na sy dood het een van sy kollegas opgemerk: “there was no single Bantu area he did not visit, no single Bantu leader he did not meet”. Iets waarvan die huidige narratief nooit melding gemaak het nie, is dat baie swartmense aan sy lippe gehang het en ver gereis het om na hom te luister. In die tuislande waar die grootste deel van hul bevolkings vir leiers ten gunste van aparte ontwikkeling gestem het, soos Boputhastshwana, Transkei, Ciskei en Venda, het dr. Verwoerd altyd ’n staande applous ontvang na afhandeling van ’n toespraak. K.D Matanzima, hoofman van Transkei vir 12 jaar, het dr. Verwoerd as sy persoonlike rolmodel beskou. Dan kan ons die vraag vra: as 700 000 Xhosa’s by die 1963-verkiesing van Transkei vir ’n swart leier gestem het (hy het die daaropvolgende 2 verkiesings ook ver gewen) wat openlik vir dr. Verwoerd as sy rolmodel beskou het, waarom is die huidige narratief t.o.v. dr. Verwoerd een van minagting en demonisering? Moet ons dan nie elke dag die waarde van demokrasie aanhoor nie?

Regs. Hoofman K.D. Matanzima (Transkei) en ander swart leiers by dr. Verwoerd se staatsbegrafnis.
Hoofman K.D. Matanzima (Transkei) en ander swart leiers by dr. Verwoerd se
staatsbegrafnis.

As die meerderheidkiesers in tuislande demokraties vir die Verwoerdiaanse ideaal gestem het, waarom sou Verwoerd dan afwyk van aparte ontwikkeling? Die ANC en PAC het miskien bomme gestel, maar hoeveel persent van die swart bevolking het hulle nou eintlik verteenwoordig? Hulle het nie eers ’n duit verteenwoordig, teenoor die hoeveelheid wat leiers soos K.D. Matanzima (Nelson Mandela se neef) verteenwoordig het nie. Die huidige narratief slaag daarin om ons telkens te oorreed dat die ANC, met hul kommunistiese onderrok, die meerderheid swartmense verteenwoordig het. In die destydse woorde van Mangosuthu Buthelezi:

“They do not represent the majority of blacks in this country and they are not about bringing peaceful change in this country, but to create a socialist or even a Marxist state”.

Om hierdie Marxistiese ambisie van die ANC te bevestig, kan ek aanhaal uit ’n dokument wat in Nelson Mandela se besit gevind is. Dit lui soos volg in sy eie handskrif:

“The people of South Africa, led by the South African Comunist Party, will destroy capitalist society and build in its place socialism… The transition form capitalism to socialism and the liberation of the working class cannot be effected by slow changes or reforms as reactionaries and liberals often advise, but by revolution. One must therefore be a revolutionary and not a reformist.”

’n Politieke ontleder sou sê dat dit gevaarlik baie soos Julius Malema se woorde in 2015 klink. Malema probeer tans die Marxistiese revolusie dryf waarin Nelson Mandela en sy kamerade destyds gestuit is deur manne soos Verwoerd. Daarom is dr. Verwoerd steeds ’n gehate man in tradisionele ANC-kringe, tot vandag toe. En nodeloos om te sê, het die ANC ongetwyfeld die grootste invloed op die huidige narratief in Suid-Afrika.Hulle beheer tog die media, inhoud van geskiedenisboeke, en reguleer die algemene houding en gevoel van die swart massas. Juis hierom sou geen Verwoerdstandbeeld oorleef het in die nuwe Suid-Afrika nie.

Noudat ons bepaal het dat dr. Verwoerd geen “Afrikaanse Hitler” was, soos die huidige narratief hom dikwels beskryf nie, kan ons nog ’n vraag opper: Was hy ’n held, en vir wie?

As 20-jarige student aan Stellenbosch bewys Verwoerd hom reeds as buitengewoon begaaf en ’n volksliefhebber. As leier van die studenteraad in 1921, stig hy ’n fonds vir armblankes in Suid-Afrika, asoook in dele van Europa. Nie net samel hy geld hiervoor in nie, maar spoor medestudente aan om saam met hom hul sakgeld aan te wend hiervoor, en om meer spaarsamig te leef om sodoende dié fonds ’n hupstoot te gee. Reeds op ’n jong ouderdom straal Verwoerd dus sy ywerigheid uit om volksdiens te lewer. Hierdie selfde ywerigheid kom na vore wanneer hy in 1958 die sewende premier van Suid-Afrika word. Op 6 September 1966 word hierdie ywerigheid gesmoor deur die steek van ’n dolk – ’n gebeurtenis wat te danke aan ons huidige skewe narratief nie betreur word nie, maar eerder gevier word. Twee weke voor sy dood is vergaderings met talle swart leiers gereël. Die toespraak wat hy op die 6de in die volksraad moes lewer, waarvoor hy nooit die kans gegun is nie, sou die begin van ’n nuwe tydvak inlui vir verhoudings tussen wit en swart. Wysigings sou gemaak word t.o.v. apartheidswetgewing en die algemene behoeftes van die breë swart bevolking sou geopper word om vredevolle naasbestaan te kon verseker.

Verwoerd se opvolgers het dus heel waarskynlik voortgegaan met die implementering van ’n beleid waarin hyself nie meer geglo het nie. Hierom word Verwoerd vandag nog blameer vir die latere mislukking van Apartheid, waaroor hy geen beheer gehad het nie.

’n Jong Mimi Coertse steek ’n blom in dr. HF Verwoerd se baadjie.
’n Jong Mimi Coertse steek ’n blom in dr. HF
Verwoerd se baadjie.

Jare na dr. Verwoerd se dood het een van sy grootste bewonderaars, Mimi Coertse, oor dr. Verwoerd, wat op sy beurt een van haar grootste bewonderaars was, gesê:

“Mense kan van Dok sê wat hulle wil, maar ek het hom as ’n baie sjarmante en bedagsame mens beleef. Hy was bepaald géén rassis nie. Toe ek eenkeer op pad was na hulle huis, bel hy my. ‘Mimi’ vra hy, ‘kan jy vir my ’n Brandwag saambring?’. Hy het sy tuinman elke week daaruit in Afrikaans opgelei; dié keer het hy vergeet om die tydskrif te koop”.

Verder skryf Hermann Giliomee in sy boek, Laaste Afrikaanse Leiers, op bladsy 69, dat Verwoerd nooit in die meerderwaardigheid van die blanke ras geglo het nie, maar dat hy slegs die ontwikkelingsgaping tussen die rasse wou vernou.

verwoerd_omringdeurvroueEk, en baie ander, sal nooit kan aanvaar dat dr. Verwoerd se standbeeld nie ’n plek in die son gegun word nie. Trouens, as ’n progressiewe jeugdige, glo ek dat Suid-Afrika nóú Verwoerds benodig om leiding te neem. Hoegenaamd nie om apartheid of rasseskeiding te inspireer nie, maar om vertroue te skep in ’n nasie wat dekades laas die moontlikheid van ’n eerlike, opregte en toegewyde leier ervaar het. Sy ideaal hoef ons nie in 2015 te inspireer nie, maar sy skaars en uitmuntende karakter, wél.

– John White

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Hans Onrust

    ‘onanvaarbaar’ is zeker aanvaardbaar in dit goeie artikel witte Jan. Behalve dat het nog teveel een vrijpleiten van dezelfde aangerekende schuld bevat.
    Even de honneurs van Rifrug waarnemende.

    Helaas is het van alle tijden en overal dat de waanzin en hebberigheid de overhand heeft.
    En deze tijden in het bijzonder omdat de massa’s makkelijk dan ooit bereikbaar zijn om te indoctrineren en nogal op elkaars lip zitten door de enorm toegenomen aantallen. (domkoppen)

    ‘maar wat van sy akkurate projeksie dat die swartmense van Suid-Afrika binne 10 jaar die mees welgestelde swartmense ter wêreld sou word?’

    ‘n Politieke ontleder sou sê dat dit gevaarlik baie soos Julius Malema se woorde in 2015 klink. Malema probeer tans die Marxistiese revolusie dryf waarin Nelson Mandela en sy kamerade destyds gestuit is deur manne soos Verwoerd.’

    De zwarte begrijpt de wereld niet maar hun leiders is door Slovo e.a. verteld dat ze een mooie glimmende Mercedes zouden kunnen rijden en dat was het hoogst bereikbare doel voor deze communisten.

    En de demonisering van Hitler is naar mijn bescheiden mening wereldwijd wel dagelijks als ‘overwinnaarsgeschiedenis’ ingepeperd, maar volledig uit balans en overtrokken door dezelfde Joodse bankiers met hun pedofiele valse rabbis uit op oorlogsbuit via o.m. een ‘holocaust leedmonopolie'(en schadevergoedingen die de wereld en vrijheid en veiligheid naar de afgrond brengen en het knechten van de landen en volken die ‘wonnen’ in Oost en West.

    • Riempies

      Hans – n Baie raak opsomming.

  • RSA PATRIOT

    Baie dankie vir hierdie plasing, PRAAG!!

  • leonlemmer

    Hermann Giliomee toon in sy boek oor die Afrikanerleiers aan dat Hendrik Verwoerd en PW Botha die twee leiers was wat die meeste hervorminggesind was. Juis hierdie twee word deesdae vir spesiale verguising uitgesonder.

  • jan

    Uitstekende artikel en tydsberekening Praag!!

    Vir my is Paul Kruger en Hendrik Verwoerd dieselfde ikone vir selfbeskikking / veelvolkige vryheid.

    Veelvolkige Christen demokrasie – die mees vredevolle en voorspoedige eras in die ganse Afrika geskiedenis.

    En hul grootste vyande nog altyd die Baal kultus van die Rhodes bende.

  • BOERIE

    Dis inderdaad so,feite wat die ANC regime, linkse media en seker ‘n klomp misleide sogenaamde Afrikaners al verdraai het of liefs wil vergeet. Apartheid sou gewerk het, indien die Verwoerd nie vermoor was nie-ons sou nou in seker die beste land ter wêreld geleef het-swart en wit.Die SA van 1960’s tot 80’s was welvarend en wet en orde het geheers. In skrille kontras met die nuwe SA van afgelope 21 jaar. Dit alles danksy die NP van Vorster, Botha en die verraaier FW de Klerk.