Mandela-advokaat probeer walgooi teen erfenisvandalisme

Deel op

Advokaat George Bizos het ‘n beroep op jong Suid-Afrikaners gedoen om hulle te weerhou van geweld wanneer hulle kwessies soos standbeelde takel, en eerder die Grondwet as riglyn te gebruik.

Bizos het Nelson Mandela tydens sy hoogverraad-verhoor in die 1960’s verteenwoordig. Hy het ‘n lesing aangebied oor gedeeltes van die Grondwet by die Universiteit van KwaZulu-Natal.

Bizos sê hy steun die studente van die Universiteit van Kaapstad oor die verwydering van Cecil John Rhodes se standbeeld, maar sê geweld en vandalisme is strydig met die Grondwet.

Na wekelange betogings is Cecil John Rhodes se standbeeld is gister met ‘n hyskraan van die Universiteit van Kaapstad se gronde, waar dit vir agt dekades lank gestaan het, geskuif.

Die rektor van die UK, Max Price, sê “die meeste” belanghebbendes is is verheug omdat die standbeeld afgebreek is.

Die universiteit het strydig met wetgewing opgetree en prosedures betreffende erfenissimbole verontagsaam.

Wit studente by die UK is ontsteld oor die raadsbesluit om die standbeeld af te breek en sê dit kom neer op onverdunde rassisme, aangesien swart studente se grootste aanklag teen Rhodes is dat hy wit was.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.